Roemeens
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Roemeens is ‘n Romaanse taal wat in Roemenië en Moldawië gepraat word. Dit het grotendeels uit Platlatyn (vulgêrlatyn) ontstaan. Daar is egter ook aansienlike bydraes van ander tale in die taal. Voorbeelde sluit in Dragã (lief), bolnav (siek) of da (ja) wat almal uit Slawies kom. Tog is ongeveer 90% van alle Roemeense woorde en werkwoorde afkomstig van Latyn. Roemeens word sowel bo die Donou in Roemenië en Moldawië asook onder die Donou deur ‘n Roemeense volk wat in Nederlands Aroemenen of Vlachen genoem word gepraat en wat in Griekeland, Albanië en Macedonië leef. Hoewel hulle taal nie standaard Roemeens is nie behoord dit wel tot die Roemeense taal. ‘n Mens sou dit kon vergelyk met Afrikaans en Nederlands, wat ook van mekaar verskil maar in die algemeen op leksikografiese gebied ‘n groot mate van ooreenstemming toon.