Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Korsikaans - Wikipedia

Korsikaans

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Korsikaans (u Corsu) is die Romaanse taal wat op die eiland Korsika gepraat word. Dit is 'n variant van Toskaans ('n Italiaanse dialek). Daar is ook 'n Korsikaanse Wikipedia.

Korsikaans, veral Suid-Korsikaans, is tewens nou verwant aan Gallura wat in die noorde van Sardinië gepraat word. Daar bestaan meningsverskille oor of Noord-Sardyns Korsikaans is, of Suid-Korsikaans 'n variant van Gallura is, maar dat daar verwantskap bestaan word nie betwyfel nie.

Inhoud

[wysig] Verskil met Frans

Korsikaans is geen Franse dialek nie, soos deur die volgende voorbeelde getuig:

Korsikaans Italiaans Frans Afrikaans
a carrega/carreia la sedia la chaise die stoel
u pane il pane le pain die brood
u vinu il vino le vin die wyn
a via la via la rue die straat/pad
la chjesa la chiesa l'église die kerk
u core il cuore le coeur die hart
spiacevole désagréable onaangenaam
studià studiare étudier studeer

Desnieteenstaande word die invloed van Frans op Korsikaans steeds groter. Dit is veral duidelik in die oorneem van Franse woorde in Korsikaanse vorm. Hierdeur raak die Italiaanse wortels van die taal stadig maar seker verlore. Daar word egter in die laaste paar jaar weer op laerskool onderwys gegee in Korsikaans.

[wysig] Verskil met Italiaans

Ook met Italiaans bestaan verskille. Die Italiaanse uitgang -o by substantiewe is in Korsikaans -u (net soos in so te sê alle Suiditaliaanse dialekte, soos Sisiliaans en Napolitaans). Die verandering van core naar cuore (hart) (diftongering), kom nie in Korsikaans voor nie.

Soos hierbo vermeld word nuwe woorde deurgaans uit Frans oorgeneem, nie uit Italiaans nie, waardeur gesê word dat daar nie langer van 'n Italiaanse dialek gepraat kan word nie. Die debat oor dialek of taal kan egter nog steeds gevoer word, maar by die gebruik van die woord taal in 'n ruim sin kan daar geen bespreking oor bestaan dat Korsikaans wel 'n taal is nie.

[wysig] Suid-Korsikaans

Suid-Korsikaans word van ander vorms van die taal onderskei deur die woord perd (Italiaans cavallo, Frans cheval) wat in die noorde as cavallu, in die suide as cavaddu geskryf en gepraat word.

[wysig] Gebruik

Deur die Franse taalpolitiek en deur die toevloed van Franstaliges (veral deur die toevloei van gerepatrieerde Franse uit Algerië) is Korsikaans onder groot druk: dit word minder en minder gespraat, en wie dit nog wel praat, gebruik meer en meer Franse woorde in Korsikaans.

Sedert die einde van die twintigste eeu het 'n Korsikaans 'n oplewing ondergaan. Dit word op skool aangebied, en veelvuldig gebruik deur lokale sangers en sanggroepe, soos I Muvrini en A Filetta, wat ook buite Frankryk bereomdheid verwerf het.

[wysig] Toponieme

Die meeste toponieme op korsika het van oudsher 'n Toskaanse spelling (soos Bastia, Calvi, Bonifacio), sommige plekname het inmiddels verfrans (Saint-Florent, Ile-Rousse, Cargèse). Die meeste toponieme het egter ook 'n Korsikaanse variant: Ajaccio - Aiacciu Bonifacio - Bunifaziu Cap Corse - Capicorsu Cargèse - Carghjese Corte - Corti Ile-Rousse - Isula Rossa Saint-Florent - San Fiurenzu Nebbio - Nebbiu Patrimonio - Patrimoniu Porto - Portu Porto-Vecchio - Porti-Veghju

Al vermeld meeste verkeerstekens inmiddels beide variante, is die gebruik om met 'n spuit kannetjie die Frans/Toskaanse naam weg te spuit of aan te pas met die Korsikaanse spelling (meestal deur die 'o' te veranderen in 'n 'u') nog steeds wydverspreid.

[wysig] Verwysings

  • Jacq. Fusina, Parlons Corse, Editions L'Harmattan, Paris 1999
  • Jacq. Fusina, Les racines de la vie, La Corse naturelle, Editions CRITT/DRAE/DRT, Paris 1991



Indo-Europese tale > Kentum-tale > Italiese en Romaanse tale >
Romaanse tale > Italiese tale >
Iberoromaans Galloromaans Retoromaans Italoromaans Sardies Balkanromaans Italiese groep|
Aranees Asturies Galicies Katalaans Portugees Spaans Langues d'oil: Frans Gallo Jèrriais Lorrain Pikardies Wallonies Anglonormannies Oksitaans: Auvergne Gascogne Languedoc Limousin Frankoprovensaals Romansch Ladinies Friulaans Dalmaties Italiaans Korsikaans Napolitaans Sardies Aroemeens Istro-Roemaans Meglenoroemaans Roemeens Oskies Umbries Faliskies Latyn
Romaanse Kunstale: Interlingua, Interlingue, Lingua Franca Nova.


Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Korsikaans
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com