Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Calvados (département) - Wikipedia

Calvados (département)

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die département Calvados (Normandië, Noord-Frankryk) is tydens die Franse Rewolusie op 4 Maart 1790 gestig. Dit is vandag 'n deel van die région Basse-Normandie, met 'n oppervlakte van 5 548 km² en 648 000 inwoners (1999).

Ligging van Calvados
Vergroot
Ligging van Calvados

Die département kry sy Spaanse naam van die skip "El Salvador" wat as deel van die Spaanse Armada na Engeland gestuur is. 1588 vergaan die skip aan die rotsagtige Normandiese kus. Die volkstaal het van die naam "Calvador" gemaak en eers die rotse, later die kusgebied en uiteindelik ook die département die naam "Calvados" gegee. Ook die Normandiese brandewyn wat van sider gebrand word kry die naam Calvados. Die Calvados word hier puur as trou Normand of as pommeau (met appelsap) gedrink. Die inheemse fynproewers flambeer ook graag hulle appeltert met 'n glasie Calvados.

Frankryk het meer dan 350 kaassoorte, en drie beroemdes, die Camembert, die Livarot en die Pont l'Evêque is spesialiteite van die département Calvados.

[wysig] Besienswaardighede

Le Vieux Bassin in Honfleur
Vergroot
Le Vieux Bassin in Honfleur

Die département Calvados beskik oor die bekendste seebad van die Normandiese kus, Deauville. Langs sy kus met die sandstrande van die Côte de Nacre en die Côte Fleurie lê ook die ander vakansieoorde soos Courseulles-sur-Mer, Saint-Aubin-sur-Mer, Honfleur, Cabourg en Trouville. Die kusgebied van Calvados met sy sterk getye is geskik vir alle soorte watersport.

Die département spog met een van die langste kabelhangbrûe in Europa, die Pont de Normandie. Die brug met sy elegante pilare verbind Honfleur met Le Havre.

Die Kasteel van die stad Caen (Calvados)
Vergroot
Die Kasteel van die stad Caen (Calvados)

Bayeux het 'n aantal bekende musea. In hierdie stad word die Tapyt van Bayeux uit die 11de eeu bewaar. Die Museum Baron Gérard vertoon skilderye, meubels, porselein en kantwerk uit Bayeux. Die Museum ter Nagedagtenis van die Slag van Normandië laat nog eens die bevryding van Frankryk in 1944 herleef.

Vir die toeris en ander belangstellendes is die Route du Cidre (Siderroete), Route de la Suisse Normande (Roete van die Normandiese Switserland) en die Route des Fromages (Kaasroete) aangewys wat alle besienswaardighede rondom sider, natuurskoon en kaas met mekaar verbind.

[wysig] Administratiewe verdeling

Arrondissement Bevolking
(1999)
Oppervlakte
(vk km)
Bevolkingsdigtheid Kantons Munisipaliteite
Bayeux 63 022 952 66 6 126
Caen 389 973 1 990 196 24 287
Lisieux 140 504 1 650 85 13 204
Vire 54 886 956 57 6 88
Die Départements van Frankryk

Metropolitaanse Frankryk 
01 Ain | 02 Aisne | 03 Allier | 04 Alpes-de-Haute-Provence | 05 Hautes-Alpes | 06 Alpes-Maritimes | 07 Ardèche | 08 Ardennes | 09 Ariège | 10 Aube | 11 Aude | 12 Aveyron | 13 Bouches-du-Rhône | 14 Calvados | 15 Cantal | 16 Charente | 17 Charente-Maritime | 18 Cher | 19 Corrèze | 2A Corse-du-Sud | 2B Haute-Corse | 21 Côte-d'Or | 22 Côtes-d'Armor | 23 Creuse | 24 Dordogne | 25 Doubs | 26 Drôme | 27 Eure | 28 Eure-et-Loir | 29 Finistère | 30 Gard | 31 Haute-Garonne | 32 Gers | 33 Gironde | 34 Hérault | 35 Ille-et-Vilaine | 36 Indre | 37 Indre-et-Loire | 38 Isère | 39 Jura | 40 Landes | 41 Loir-et-Cher | 42 Loire | 43 Haute-Loire | 44 Loire-Atlantique | 45 Loiret | 46 Lot | 47 Lot-et-Garonne | 48 Lozère | 49 Maine-et-Loire | 50 Manche | 51 Marne | 52 Haute-Marne | 53 Mayenne | 54 Meurthe-et-Moselle | 55 Meuse | 56 Morbihan | 57 Moselle | 58 Nièvre | 59 Nord | 60 Oise | 61 Orne | 62 Pas-de-Calais | 63 Puy-de-Dôme | 64 Pyrénées-Atlantiques | 65 Hautes-Pyrénées | 66 Pyrénées-Orientales | 67 Bas-Rhin | 68 Haut-Rhin | 69 Rhône | 70 Haute-Saône | 71 Saône-et-Loire | 72 Sarthe | 73 Savoie | 74 Haute-Savoie | 75 Parys | 76 Seine-Maritime | 77 Seine-et-Marne | 78 Yvelines | 79 Deux-Sèvres | 80 Somme | 81 Tarn | 82 Tarn-et-Garonne | 83 Var | 84 Vaucluse | 85 Vendée | 86 Vienne | 87 Haute-Vienne | 88 Vosges | 89 Yonne | 90 Territoire de Belfort | 91 Essonne | 92 Hauts-de-Seine | 93 Seine-Saint-Denis | 94 Val-de-Marne | 95 Val-d'Oise |  
Oorsese départements 
971 Guadeloupe | 972 Martinique | 973 Frans-Guyana | 974 Réunion  
Collectivités d'outre mer 
975  Saint-Pierre et Miquelon | 985  Mayotte (collectivité départementale) | 986  Wallis-et-Futuna | 987  Frans-Polinesië (oorsese gebied)

Die administratiewe verdeling van Frankryk: Régions - Départements - Arrondissemente - Kantons - Communes
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com