Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions Kruistog - Wikipedia

Kruistog

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Uitbeelding van die eerste kruistog in 'n Franse Bybel uit 1250 wat aandui hoe Jode deur die kruisvaders dood gemaak word.
Vergroot
Uitbeelding van die eerste kruistog in 'n Franse Bybel uit 1250 wat aandui hoe Jode deur die kruisvaders dood gemaak word.

Die kruistogte was 'n reeks militêre veldtogte wat tussen die 11de eeu en die 13de eeue plaasgevind het, gewoonlik met goedkeuring deur die Pous. Oorspronklik was dit Rooms-Katolieke pogings gewees om die Heilige Land by die Moslems af te neem. Sommige was egter selfs teen ander Christene gemik, soos byvoorbeeld die Vierde Kruistog teen Konstantinopel en die Albigensiese Kruistog teen die Kathare van Suid-Frankryk.

Kruistogte word dus dikwels as heilige oorloë teen groepe of volkere, wat as interne of eksterne teenstanders van die christendom beskou is, gedefinieer. Hierdie teenstanders sluit naas die moslems ook ortodokse Griekse en Russiese christene, heidense Slawiese volkere, Mongole, ketters soos die Kathare, Bogomiele en Hussiete en die politieke opponente van die pousdom in.

Die term "kruistog" word tydens die middeleeue nog nie gebruik nie; dit dateer uit 'n later tydperk en verwys na die kruise, wat deelnemers van die kruistogte op hulle kleding aangebring het.

In die breër sin word kruistog soms retories en metafories gebruik om 'n oorlog, wat 'n godsdienstige oogmerk het, te regverdig.

Party ywerige aktiviste mag egter ook na hulle sake verwys as kruistogte soos die kruistog teen ongeletterdheid ens. Die term in die verband het egter in onbruik verval in die weste weens die politiese sensitiwiteit en oënskynlike disrespek teenoor moslem kulture. 'n Meer algemene moderne gebruik van die term is wanneer daar tipies op sarkasties of verkleinerende wyse na dwepers verwys word.

Inhoud

[wysig] Geskiedkundige agtergrond

Die oorsprong van die kruistogte lê in die ontwikkelings in die weste in die vroeë Middeleeue, sowel as die agteruitgang van die Bisantynse Ryk. Die agteruitgang van die Karolingiese Ryk in die latere 9de eeu tesame met die relatiewe stabiliteit van plaaslike Europese grense na die kerstening van die Wikings, Slawe en die Magjare het beteken dat daar groepe vegters was wat bitter min gehad het om te doen behalwe om onderling te baklei en die landelike bevolking te terroriseer. Die kerk het probeer om die geweld stop te sit deur die Vrede van God bewegings wat geweld jeens sekere mense in sekere tye van die jaar verbied het. Dit was ietwat suksesvol maar opgeleide vegters het altyd na 'n manier gesoek om uiting te gee aan hulle geweldadigheid. Vertoë vir hulp vanaf die Bisantynse Keiser Alexius I om weerstand te bied teen die Moslem aanvalle is dus gretig ontvang.

Kruisvaarders (Larousse 1922)
Vergroot
Kruisvaarders (Larousse 1922)

'n Latere geleentheid om uiting aan hierdie gewelddadigheid te gee het hom ook voorgedoen met die Reconquista in Spanje wat Spaanse ridders en huursoldate vanuit ander dele van Europa betrek het in die stryd teen die Islamitiese More. In 1063 het Pous Alexander II sy pouslike seën aan die Spaanse Christene gegee in hul oorlog teen die Moslems.

Die agtergrond in die Christelike Weste moet ook gesien word in die lig van die ontwikkelinge in die Moslem ooste. Die Moslem teenwoordigheid in die Heilige Land strek terug tot die oorspronklike Arabiese oorname van Palestina in die 7de eeu. Dit het nie baie met die pelgrimstogte na die heilige plekke van die Christendom ingemeng nie en wes-Europeërs was toe nie so besorg oor die verlies van die verre Jerusalem toe hulle self invalle deur Moslems en ander vyandiggesinde nie-Christene soos die Wikings en die Magjare in die gesig gestaar het nie. Die suksesse van die Moslem magte was egter besig om ernstige druk op die Oos-Ortodokse Bisantynse Ryk te plaas.

'n Keerpunt in westerse houdings jeens die ooste het in die jaar 1009 gekom toe die Fatimidiese kalif van Kaïro, al-Hakim bi-Amr Allah die Kerk van die Heilige Graf laat vernietig het. Sy opvolger het die Bisantynse Ryk toegelaat om dit te laat herbou onder streng voorwaardes en het pelgrimstogte ook weer toegelaat, maar baie gerugte het die rondte begin doen oor Moslem-wreedheid teenoor Christen-pelgrims; hierdie gerugte het 'n belangrike rol gespeel in die ontstaan van die kruistogte later in daardie eeu.

'n Ander belangrike kenmerk van die Kruistogte is die kerklike propaganda, wat 'n religieuse regvaardiging vir die militêre optrede teen die Moslems gee. Die tradisionele Christelike pelgrimstog na die Heilige Graf is nou tegelykertyd as 'n oorlog teen heidense volke gepropageer.

In Europa begin die verhoudings tussen die Christelike meerderheid en nie-Christelike minderhede dramaties versleg. Die klein Joodse gemeenskappe, wat helemaal nie by die Christelik-Islamitiese konflik betrokke is nie, is nogtans die eerste slagoffers van die fanatieke Christelike gepeupel, wat orals in Wes-Europa opgesweep raak deur die Kruistog-retoriek van die klerus. Die vyandbeeld, wat aanvanklik op die Turkse Moslems as die teenstanders van die Oos-Romeinse Christendom beperk is, sluit vinnig die hele Islamitiese wêreld in en uiteindelik elkeen wat as 'n vyand van Christus beskou is. Dit is nou veral Joodse burgers, wat in afgryslike pogroms vermoor word.

[wysig] Geskiedkundige verband

Die oorsaak vir die eerste Kruistog was Keiser Alexius I se vertoë aan Pous Urbanus II vir huursoldate om hom te help om die Moslem invalle in die grondgebied van die Bisantynse ryk te weerstaan. Alhoewel daar reeds 'n Oos-Wes Skeuring begin plaasvind het tussen die Katolieke Westerse kerk en die Grieks-Ortodokse oosterse kerk, het Alexius I hulp van mede-Christene verwag. Die reaksie was egter baie groter en minder behulpsaam as wat Alexius I verwag het, toe die Pous 'n oproep gedoen het om 'n invalsmag saam te stel, nie net om die Bisantynse ryk te beskerm nie maar ook om Jerusalem weer terug te neem.

Toe daar in 1095 voorspraak gemaak is vir die Eerste Kruistog was die Christen prinse van noordelike Iberië al vir 'n honderd jaar besig om hulle pad uit die berge van Galisië, Asturias, die Baskiese land en Navarre met toenemende sukses uit te veg. Die val van die Moorse Toledo aan die hand van die Koninkryk van León in 1085 was 'n groot oorwinning, maar die draaipunt van die Reconquista het nog in die toekoms gelê. Die onenigheid onder die Moslem emirs was 'n noodsaaklike faktor gewees vir die groeiende sukses.

Terwyl die Reconquista 'n prominente voorbeeld was van die Christen oorlog teen Moslem oorname was, was dit nie die enigste voorbeeld daarvan nie. Die Noorse avonturier Robert Guiscard het die voet van Italië, Calabria, in 1057 oorwin en het die tradisioneel Bisantynse gebied beskerm teen invalle van die Moslems van Sisilië. Die seevarende lande van Pisa, Genua en Katalonië het was almal aktief betrokke in gevegte teen die Islamitiese vestings van Mallorca en Sardinië wat die kuslyn van Italië beveilig het teen Moslem-strooptogte. Die toenemende wurggreep van die Moslem-magte op Wes-Europa was 'n sterk aansporing vir mense om positief te reageer op die Bisantynse keiser, Alexius I se oproep tot 'n heilige oorlog om die Christendom te beskerm en om die verlore gebiede te terug te neem.

Die pousdom van Pous Gregorius VII wat 'n interne stryd gevoer het oor bedenkinge rondom die geldigheid van 'n heilige oorlog en die vergieting van bloed in die naam van die Here het uiteindelik 'n gevolgtrekking gemaak ten gunste van geregverdigde geweld. Optredes teen Ariërs en ander ketters het 'n geskiedkundige presedent geskep vir 'n samelewing waar geweld teenoor ongelowiges en inderdaad ook teen ander Christene, aanvaar is en algemeen voorgekom het. Sint Augustinus van Hippo, Gregorius se intellektuele rolmodel, het die gebruik van geweld geregverdig in diens van die Stad van God en verder sou 'n Christelik regverdige oorlog 'n aggressiewe en ambisieuse leier van Europa, soos Gregorius homself beskou het, se aansien baie verhoog. Die noordelike stamme sou dan aan Rome verbind wees en hulle moeisame ridders sou 'n uitlaat vir hulle gewelddadigheid kon vind. Vorige pogings van die kerk om sulke geweld stop te sit, soos die Vrede van God-bewegings, was nie so suksesvol as wat gehoop was nie. Suid van Rome het die Nore gewys hoe sulke energie op Arabiere (in Sisilië) en die Bisantyne (op die vasteland) losgelaat kon word. Latynse leierskap in die Levant (mediterreense lande oos van Italië) sou die Pousdom se eis om heerskappy oor die Patriarg van Konstantinopel, wat direk aanleiding gegee het tot die Groot Skeuring van 1054, te bevestig.

In die Bisantynse tuislande is die oosterse Keiser se swakheid ontbloot met die rampspoedige nederlaag by die Slag van Manzikert in 1071, wat die Ryk se Asiese gebiede verklein het tot 'n streek in westerse Anatolië en rondom Konstantinopel. 'n Sekere teken van die Bisantynse desperaatheid was die vertoë van Alexius I Comnenus aan sy vyand die Pous vir hulp. Gregorius was egter gewikkel in die inhuldigingskrisis en kon daarom nie op die Duitse keiser staatmaak vir hulp nie, en die kruistog het dus nooit plaasgevind nie.

Vir Gregorius se gematigde opvolger Pous Urbanus II sou die kruistog 'n manier bied om die Christendom te verenig en daardeur die Pousdom versterk, en kon miskien selfs die Ooste onder sy beheer bring. Die ongelukkige Duitsers en Nore kon egter nie op staatgemaak word nie, maar die kern van die kruistog sou uiteindelik gevind word in Urbanus se tuisland onder die Noordelike Franse. Die eerste kruistogte het 'n ongeëwenaarde golf van passievolle, vrome woede ontketen wat tot uiting gekom het in die massamoord van die Jode en die geweldadige behandeling van die Ortodokse Christene in die ooste. Die eerste fase van die Kruisvaart beweging het sy hoogtepunt bereik en is hoofsaaklik geblus met die verwoesting van Konstantinopel in 1204.

Die kruistogte van die 13de eeu het nie sulke gewildheid geniet nie en na Akko vir die laaste keer in 1291 geval het en die uitwissing van die Oksitaanse Kathare tydens die Albigensiese Kruistog, het die ideale van die kruisvaarte in onguns verval.

Die laaste kruisvarende orde van ridders wat grondgebied oorheers het was die Hospitaalridders. Na die val van Akko het hulle beheer geneem van eiland Rhodos en in die sestiende eeu is hulle verdryf na Malta. Hierdie laaste kruisvaarders is finaal deur Napoléon Bonaparte in 1798 onttroon.

[wysig] Die groot kruistogte

Tradisioneel word daar nege kruistogte tussen die 11de en 13de eeue erken, maar daar was ook 'n aantal kleiner kruistogte wat hoofsaaklik in dieselfde tydvak plaasgevind het en nie ingesluit word nie. Daar was dikwels kleiner kruistogte in die tydperk onderneem, nie net in Palestina nie maar ook in Spanje en Sentraal-Europa, nie net teen Moslems nie maar ook teen Christen ketters en persoonlike vyande van die Pousdom of ander magtige konings. Sulke kruistogte het plaasgevind tot en met die 16de eeu toe die Renaissance en Hervorming die politiese en godsdienstige klimaat in Europa betekenisvol verander het. Volgens is 'n lys van groot kruistogte.

[wysig] Eerste Kruistog

Hoofartikel: Eerste Kruistog

Die verowering van Jerusalem (1099)
Vergroot
Die verowering van Jerusalem (1099)

Na die Bisantynse keiser, Alexius I na hulp gesoek het om sy ryk teen die Seldjoek-Turke in 1095 te verdedig het Pous Urbanus II 'n oproep gemaak op alle Christene om aan die oorlog teen die Turke deel te neem, 'n oorlog wat volle kwytskelding sou meebring. Kruisvaarder leërs het na Jerusalem gemarsjeer en verskeie stede onderweg laat val. In 1099 het hulle Jerusalem oorgeneem en groot dele van die bevolking vermoor.

As 'n gevolg van die Eerste Kruistog is verskeie klein Kruisvaarderstate geskep, waarvan die mees noemenswaardige die Koninkryk van Jerusalem is.

[wysig] Tweede Kruistog

Hoofartikel: Tweede Kruistog

Na 'n tydperk waarin daar vrede geheers het en Christene en Moslems vreedsaam in die Heilige Land saamgeleef het, het Bernard van Clairvaux 'n beroep gedoen op 'n nuwe kruistog toe die graafskap van Edessa deur die Turke oorgeneem is. Franse en Duitse leërs het in 1147 na Klein-Asië opgeruk maar geen noemenswaardige suksesse bereik nie en het selfs die oorlewing van die Kruisvaart-state in gedrang gebring na 'n ondeurdagte aanval op Damaskus. In 1149 het beide die leiers van die leërs na hul onderskeie lande teruggekeer sonder om enigiets te bereik.

[wysig] Derde Kruistog

Hoofartikel: Derde Kruistog

In 1187 het Saladin Jerusalem herower. Pous Gregorius VIII het 'n beroep op 'n kruistog gedoen wat toe deur verskeie belangrike Europese leiers gelei is naamlik: Phillip II van Frankryk, Richard I van Engeland en Frederik I, Keiser van die Heilige Roomse Ryk. Frederik het in 1190 in Silisië verdrink., wat 'n onstabiele bondgenootskap tussen die Engelse en die Franse tot gevolg gehad het. Phillip het in 1191 teruggekeer nadat die Kruisvaarders Akko vanaf die Moslems herower het. Die Kruisvaarder-leër het toe teen die Mediterreense kus langs af beweeg. Saladin het probeer om die Kruisvaarders uit te lok maar hulle wou nie reageer nie. Hulle het die Moslems naby Arsoef verslaan en was binne sig van Jerusalem. Saladin het egter het egter hulle planne gefnuik deur die waterbronne te vergiftig en die gesaaides te vernietig. Richard het die daaropvolgende jaar teruggekeer na hy 'n verdrag met Saladin gesluit het. Onderweg terug Engeland toe het sy skip skipbreuk gely en is hy deur die vyandig gesinde Oostenrykse hertog Leopold gevange geneem en vir 'n losprys aangehou.

[wysig] Vierde Kruistog

Hoofartikel: Vierde Kruistog

Die Vierde Kruistog is deur Pous Innocent III in 1202 van stapel gestuur met die oogmerk om die Heilige Land vanuit Egipte binne te val. Die Venesiërs het beheer oor hierdie kruistog verkry en die doelwit na Konstantinopel verander waar hulle gepoog het om 'n Bisantynse banneling op die troon te plaas. Na 'n reeks misverstande en die verskeie uitbrake van geweld is die stad in 1204 verower. Die gewildheid van die beweging was egter nou dood en die opvolgende kruistogte kan eerder verklaar word as die Pousdom se poging om die militêre energie van die Europese volke in Siria se rigting te verlê.

[wysig] Albigensiese Kruistog

Hoofartikel: Albigensiese Kruistog

Die Albigensiese Kruistog is in 1209 van stapel gestuur om die Kathare wat as ketters beskou is in suidelike Frankryk te elimineer. Dit was 'n dekade lange stryd wat net soveel of dalk meer met die noordelike Franse se begeerte om hul beheer suidwaarts uit te brei as wat dit met kettery te doen gehad het. Die Kathare asook die onafhanklikheid van die suidelike streke in Frankryk is uiteindelik sodoende vernietig.

[wysig] Vyfde Kruistog

Hoofartikel: Vyfde Kruistog

Deur gereelde optogte, in gebede en preke het die Kerk gepoog om weer 'n kruistog aan die gang te sit. Die Vierde raad van die Lateraan (1215) het 'n plan geformuleer om die Heilige Land weer terug te wen. 'n Kruisleër van Hongarye, Oostenryk en Beiere het 'n merkwaardige prestasie behaal deur Damietta in 1219 in Egipte te verower, maar het op aandring van die pouslike legaat, Pelagius voortgegaan met 'n onverskillige aanval op Kaïro. 'n Oorstroming van die Nyl het hulle gedwing om tussen vernietiging en oorgawe te kies.

[wysig] Sesde Kruistog

Hoofartikel: Sesde Kruistog

In 1228 het Keiser Frederik II per skip vanaf Brindisi na Sirië vertrek na hy deur die pous in die ban gedoen is. Deur middel van diplomasie het hy onverwagte sukses behaal en is Jerusalem, Nasaret en Bethlehem aan die Kruisvaarders oorhandig vir 'n tydperk van 10 jaar. Dit was die eerste groot kruistog wat nie deur die Pousdom aan die gang gesit is nie, 'n tendens wat vir die res van daardie eeu voortgeduur het.

Lodewyk IX val Damietta aan
Lodewyk IX val Damietta aan

[wysig] Sewende Kruistog

Hoofartikel: Sewende Kruistog

Die pouslike belange wat deur die Tempelridders verteenwoordig is, het hulle in konflik met Egipte in 1243 gebring en het 'n Khwarezmiaanse mag deur hulle in die daaropvolgende jaar ontbied, Jerusalem bestorm. Alhoewel dit nie so 'n wydverspreide woede en verontwaardiging in Europa ontketen het soos die val van Jerusalem in 1187 gedoen het nie, het Lodewyk IX van Frankryk 'n kruistog teen Egipte georganiseer tussen 1248 en 1254. Dit was 'n mislukking en die Lodewyk het die grootste deel van die tyd in die hof van die Kruisvaarder-koninkryk van Akko deurgebring.

[wysig] Agste Kruistog

Hoofartikel: Agste Kruistog

Die agste Kruistog is deur Lodewyk IX in 1270 gereël. Hy het per skip vanaf Aigues-Mortes vertrek, aanvanklik met die doel om die oorblywende Kruisvaarderstate in Sirië te hulp te snel. Die Kruistog is toe uiteindelik egter na Tunisië geskuif waar Lodewyk slegs twee maande gespandeer het voor hy oorlede is.

[wysig] Negende Kruistog

Hoofartikel: Negende Kruistog

Die toekomstige koning van Engeland Edward I het 'n verdere ekspedisie in 1271 geloods na hy Lodewyk op die Agste Kruistog vergesel het. Hy het bitter min in Sirië bereik en in die daaropvolgende jaar teruggekeer na die sluiting van 'n vredesverdrag. Met die val van die Antiochië (1268), Tripoli (1289) en Akko (1291) is die laaste oorblyfsels van Christelike besetting van Sirië beëindig.

[wysig] Impak op Europa

Die Kruistogte het 'n enorme invloed op die Europese Middeleeue uitgeoefen. Met tye was groot dele van die kontinent onder 'n magtige Pousdom verenig, maar teen die 14de eeu het die ou begrip van Christendom verbrokkel en was die ontwikkeling van gesentraliseerde burokrasieë, die grondslag vir die moderne volkstaat, al goed onderweg in Frankryk, Engeland, Boergondië, Portugal, Kastilië en Aragon deels as gevolg van die oorheersing van die kerk met die aanvang van die kruistog-era. Alhoewel Europa al vir eeue aan Islamitiese kultuur blootgestel is deur kontak in Spanje en Sisilië, is baie Islamitiese denkrigtings op wetenskaplike-, mediese- en argitektoniese gebiede na die weste oorgedra deur die kruistogte; Europese kastele het byvoorbeeld soos in die ooste, massiewe klipstrukture geword eerder as die vroeëre, kleinere houtgeboue, wat in die verlede gebruik is. Die kruistogte het ook bygedra tot die aanvang van die Renaissance in Italië, aangesien baie van die Italiaanse stedelike state belangrike, winsgewende handelskolonies in die kruisvaarderstede (beide in die Heilige Land en later ook in die Bisantynse gebiede) besit het.

[wysig] Impak op die Islamitiese wêreld

Sommige deskundiges beweer dat die kruistogte 'n verrykende impak op die Islamitiese wêreld gehad het, waar woorde wat na Franke en kruisvaarders verwys, soms uitdrukkings van minagting jeens Westerse waardes aandui. Die destydse Moslems bewonder wél die dapperheid van die Frankiese krygers, maar verafsku terselfdertyd hulle gewelddadigheid, wreedheid en hebsug. Moslems sien Saladin, die Koerdiese vegter, steeds as 'n held.

Die Kruistogte word onder talle Moslems steeds beskou as wrede en barbaarse aanslae deur Europese Christene op die Islamitiese kultuur. Dit kom ooreen met die historiese feite, aangesien die verfynde Grieks-Bisantynse en Arabiese kultuur van die ooste tydens die middeleeue in sterk teenstelling met dié van Wes-Europa staan.

Die aanvalle van die kruisvaarders het egter steeds net 'n klein randgebied van die Arabiese magsgebied getref, en die maghebbers van die Islamitiese wêreld het dit nouliks as 'n bedreiging beskou. Die Latynse koninkryke, wat deur die kruisvaarders in Palestina gestig is, kon dus byna tweehonderd jaar lank aan die periferie van die Arabiese wêreld bestaan.

In bepaalde Arabiese kringe, maar ook in die taal van die Islamitiese fundamentalisme en terrorisme word daar na Westerse aggressie jeens hulle steeds as kruistogte verwys. Ander sien ook die oorwinning oor die moderne kruisvaarders as 'n oorwinning vir hulle onderskeie doelwitte. Sien Arabiese onafhanklikheid en Pan-Islamisme.

[wysig] Impak op die Joodse gemeenskappe

Die gruweldade van die kruisvaarders teenoor Jode in Duitse en Hongaarse dorpe en later ook in die van Frankryk en Engeland en die massamoorde van nie vegtendes in Palestina en Sirië het deel geword van die Anti-Semitiese geskiedenis van Europa. Dit het eeue lank kwade gevoelens aan beide kante nagelaat. Die sosiale stand van Jode in wes-Europa is deur die Kruistogte versleg en is wetlike beperkinge dikwels tydens en na die kruistogte op hulle van toepassing gemaak. Dit het ook die weg gebaan vir die anti-Joodse wetgewing deur Pous Innocent III en was 'n keerpunt in die geskiedenis van die Jode in die Middeleeue.

[wysig] Sien ook

  • Kruisvaarderstate
  • Slag van Hattin
  • Slag van Nicopolis
  • Slag van Varna
  • Orde van die Tempeliers
  • Hospitallers of St John of Jerusalem
  • Duitse Orde

[wysig] Verwysings

  • Carole Hillenbrand, The Crusades, Islamic Perspectives. New York, 2000.
  • P.M. Holt, The Age of the Crusades: The Near East from the Eleventh Century to 1517. New York, 1986.
  • Hans E. Mayer, The Crusades. Oxford, 1965.
  • Jonathan Riley-Smith, The First Crusade and the Idea of Crusading. Philadelphia, 1986.
  • Jonathan Riley-Smith, The Oxford History of the Crusades. Oxford, 1995.
  • Engelse Wikipedia artikel.

[wysig] Eksterne skakels

  • Kenneth Setton, ed., A History of the Crusades. Madison, 1969-1989 (e-book online)
  • Angeliki E. Laiou, The Crusades from the Perspective of Byzantium and the Muslim World, (e-book online), sluit 'n hoofstuk in oor die ontwikkeling van die geskiedskrywing van die kruistogte.


Kruistogte : Iste - IIde - IIIde - IVde - Vde - VIde - VIIde - VIIIste - IXde

Slagte | Kruisvaarderburge
Latynse Koninkryke | Ajoebiede-ryk
Militêre Ordes | Mameloeke | Seldjoekiede | Assassine
Moslemleiers | Kruisvaarderleiers
Kruistogte teen die Kathare | Hussiete | Balte

Sien ook : Reconquista

THIS WEB:

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - be - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - closed_zh_tw - co - cr - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - haw - he - hi - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - ms - mt - mus - my - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - ru_sib - rw - sa - sc - scn - sco - sd - se - searchcom - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sq - sr - ss - st - su - sv - sw - ta - te - test - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tokipona - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007:

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - be - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - closed_zh_tw - co - cr - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - haw - he - hi - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - ms - mt - mus - my - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - ru_sib - rw - sa - sc - scn - sco - sd - se - searchcom - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sq - sr - ss - st - su - sv - sw - ta - te - test - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tokipona - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia 2006:

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - be - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - closed_zh_tw - co - cr - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - haw - he - hi - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - ms - mt - mus - my - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - ru_sib - rw - sa - sc - scn - sco - sd - se - searchcom - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sq - sr - ss - st - su - sv - sw - ta - te - test - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tokipona - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu