Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Pogrom - Wikipedia

Pogrom

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die term pogrom (afgelei van die Russiese погром en die werkwoord громить "verwoesting saai, gewelddadig verniel") verwys na 'n massiewe gewelddadige aanval op 'n bepaalde etniese, godsdienstige of ander groep mense, wat veral deur die vernieling van hulle huise, winkels en godsdienstige geboue gekenmerk word. Gewoonlik word die mense, waarop die aanval gemik is, aangerand en selfs vermoor. In sommige gevalle lei 'n pogrom tot 'n massaslagting. Die term het sy oorsprong in spontane of vooraf beplande geweldpleging teen weerlose Joodse burgers in Rusland en ander gebiede, maar word ook gebruik om na soortgelyke voorvalle te verwys, waarin veral minderheidsgroepe die slagoffers van geweld word.

Inhoud

[wysig] Anti-Joodse pogroms in Rusland

Veral kinders was in 1905 die slagoffers van 'n pogrom in Jekaterinoslav (die huidige Dnipropetrovsk)
Vergroot
Veral kinders was in 1905 die slagoffers van 'n pogrom in Jekaterinoslav (die huidige Dnipropetrovsk)

Massiewe geweldpleging teen Joodse burgers het verskeie kere uitgebreek, soos onder meer tydens die Kruistogte en die opstand in Oekraïene van 1649 tot 1651. Maar eers sedert die 19de eeu verwys die term pogrom na grootskaalse, doelbewuste en herhaalde anti-Joodse onluste.

Die anti-Joodse onluste, wat 1821 ná die dood van 'n Grieks-Ortodokse patriarg in Konstantinopel in Odessa (tans Oekraïene) uitgebreek het, word deur 'n aantal bronne as die eerste dergelike progrom beskou, waarin veertien Joodse burgers vermoor is. Ander bronne verwys na die onluste, wat in 1859 in dié stad uitgebreek het, as die eerste progrom. Die term pogrom word uiteindelik algemeen gebruik ná 'n grootskaalse reeks van anti-Joodse onluste, wat Suid-Rusland in die tydperk tussen 1881 en 1884 geteister het, nadat Joodse burgers ten onregte van die moord op Tsaar Alexander II van Rusland beskuldig is.

Tydens die onluste in 166 stede en dorpe in die huidige suid-westelike provinsies van Oekraïene is groot getalle Joodse mans, vroue en kinders aangerand en dikwels vermoor en hulle huise en besittings verniel. Die reeks pogroms het oor 'n tydperk van drie jaar voortgegaan, terwyl die owerhede nie ingegryp het nie.

Bloediger progroms het in die jare 1903 tot 1906 onder meer in Kisjinev in die destydse Bessarabië uitgebreek. In hierdie tydperk is na ramings 2 000 Joodse burgers in Rusland vermoor en 'n nog groter aantal gewond. Die massaslagtings het tot die emigrasie van tienduisende mense van Joodse afkoms gelei, wat hulle in Wes-Europa en in Israel gevestig het.

Ook tydens die Russiese Rewolusie in Oktober 1917 en die burgeroorlog is gruweldade teen Joodse burgers gepleeg, en na ramings is tussen 70 000 en 250 000 mense in die Russiese Keiserryk vermoor. Meer as 300 000 Joodse kinders hert hulle ouers verloor. Oekraïense troepe en die Rooi Leër was net soos gewone gepeupels betrokke by die pogroms.

[wysig] Anti-Joodse pogroms in ander dele van Europa

Anti-Joodse pogroms was nie tot Rusland beperk nie. Ook Joodse gemeenskappe in Oos- en Middel-Europa is deur geweldpleging geteister.

Joodse burgers in Pole is in 1918 en tydens die Pools-Bolsjewistiese Oorlog vermoor. Pogroms het ook in 1927 in die Roemeense stad Oradea talle menselewens geëis.

'n Posseël van die Duitse Demokratiese Republiek met die opskrif Nie wieder Kristallnacht ("Nooit weer Kristalnag nie")
Vergroot
'n Posseël van die Duitse Demokratiese Republiek met die opskrif Nie wieder Kristallnacht ("Nooit weer Kristalnag nie")

Geweldpleging teen Joodse burgers is later veral deur die Duitse Nazi-bewind aangemoedig. Haatspraak en boikotte teen Joodse burgers het reeds in 1935 'n hoogtepunt bereik met pogroms in talle Duitse stede. Die hoofstad Berlyn is doelbewus nie deur hierdie geweldpleging geraak nie, sodat die meeste buitelandse verslaggewers geen eerstehandse berigte na hulle tuislande kon stuur nie - die Duitse Ryk sou immers een jaar later die gasheerland van die Olimpiese Spele wees.

Die skulptuur "Joodse slagoffers van die fascisme" op die Joodse Begraafplaas in Berlyn-Mitte
Vergroot
Die skulptuur "Joodse slagoffers van die fascisme" op die Joodse Begraafplaas in Berlyn-Mitte

Ná die dood van die Duitse diplomaat Ernst von Rath, wat deur 'n jong Joodse vlugteling geskiet is, op 8 November 1938 in Parys het die Duitse Nazi-party NSdAP grootskaalse anti-Joodse onluste georganiseer, waarin tussen 8 en 13 November baie huise en woonstelle van Joodse burgers verniel en tussen 91 en 200 mense vermoor is. 30 000 mense is na konsentrasiekampe geneem. Weens die groot getalle winkelvensters, wat tydens die pogrom gebreek is, het die volksmond in Berlyn na hierdie geweldpleging as die Kristallnacht ("Kristalnag") verwys.

Dikwels het inwoners van die Oos-Europese lande, wat onder Nazi-bewind gekom het, self anti-Joodse pogroms georganiseer, waaraan Duitsers nie delgeneem het. In die Jedwabne-pogrom het Poolse burgers tussen 380 en 1 600 van hulle Joodse medeburgers vermoor. Oekraïense nasionaliste het in Junie en Julie 1941 in Lvov (die huidige Lviv) twee pogroms georganiseer, waarin sowat 6 000 mense gedood is. Joodse inwoners is in die plaaslike propagandaveldtogte, wat die geweldpleging voorafgegaan het, dikwels beskuldig dat hulle met die voormalige Sowjetiese bewind gekollaboreer sou het. Dieselfde soort propaganda het die aanleiding tot pogroms in Litaue gegee, waar nasionaliste op 25 en 26 Junie 1941 - na die Duitse besetting van die gebied - 3 800 Joodse burgers vermoor en sinagoges en winkels verniel het. Tydens die pogrom in Iaşi (Roemenië) het inwoners, polisiemanne en soldate 13 266 mense vermoor.

Selfs ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die vervolging voortgegaan. In Kielce (Pole) is in 1946 veertig Joodse burgers vermoor.

[wysig] Anti-Joodse pogroms in Arabiese lande

Ná die stigting van die staat Israel is groot getalle Joodse burgers uit hulle Arabiese tuislande verdryf. Anti-Joodse pogroms was dikwels die aanleiding tot massavlugte. 'n Arabiese gepeupel het in 1945 in Tripolis (Libië) 140 Joodse burgers vermoor, en die sogenaamde Farhoed-pogrom in Irak het die lewens van tussen 200 en 400 Joodse burgers geëis.

[wysig] Politieke gevolge

Die pogroms in die tagtigerjare van die 19de eeu het tot hewige proteste in ie buiteland en grootskalse emigrasie van Joodse burgers gelei. Twee miöjoen Joodse inwoners het die Russiese keiserryk in die tydperk tussen 1880 en 1914 verlaat, om 'n nuwe heenkome in lande soos die Veenigde Koninkryk en die Verenigde State te vind.

Joodse burgers het onder die indruk van die pogroms en anti-Joodse maatreëls in Rusland begin om by die politiek betrokke te raak. Die stigting van Algemene Joodse Werkersbond en die betrokkenheid van baie Joodse burgers by Bolsjevistiese bewegings is deur die pogroms beïnvloed. Daarnaas is Joodse groepe soos Hibbat Zion gestig, wat in selfverdediging teen geweldplegers opgetree het en hulle byvoorbeeld tydens die tweede pogrom in Kisjinev in 'n aantal gebiede ook suksesvol afgeweer het. Zionisme, 'n beweging wat 'n Joodse tuisland in Palestina bepleit het, is veral deur Russiese Jode gesteun.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com