Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Sint-Laurensrivier - Wikipedia

Sint-Laurensrivier

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

 Die Sint-Laurens naby die Robert Moses State Park se Duisend Eilande (Thousand Islands), langs die grens tussen New York en Québec
Vergroot
Die Sint-Laurens naby die Robert Moses State Park se Duisend Eilande (Thousand Islands), langs die grens tussen New York en Québec

Die Sint-Laurensrivier (Frans: fleuve Saint-Laurent, Engels: Saint Lawrence River; in die taal van die Mohawk: Kaniatarowanenneh of "Groot Waterweg") is 'n groot rivier in die gematigde klimaatsone van Noord-Amerika, wat die Groot Mere langs die Amerikaans-Kanadese grens met die Atlantiese Oseaan verbind. Die rivier vloei in wes-oostelike rigting deur die Kanadese provinsie Québec en maak 'n deel uit van die grens tussen die Amerikaanse deelstaat New York en die Kanadese provinsie Ontario.

Die rivier het sy oorsprong by die uitmonding van die Ontariomeer naby Kingston, Ontario. Die Sint-Laurens vloei deur Cornwall, Ontario, Montréal, Trois-Rivières en Québec (stad) en mond uiteindelik uit in die Sint-Laurensgolf, die grootste riviermonding ter wêreld. Die rivier vloei 1 900 myl (3 058 kilometer) van sy oorsprong tot sy uitmonding (744 myl of 1 197 kilometer vanaf die Ontariomeer), terwyl sy bekken oor 1,6 miljoen vierkante kilometer strek. Sy dreineringsgebied sluit die Groot Mere van Noord-Amerika in, die wêreld se grootste stelsel van varswatermere met 'n oppervlakte van 1,03 miljoen vierkante kilometer. By die uitmonding vloei 'n gemiddelde van 10 400 kubieke meter per sekonde af.

Kaart van die Groot Mere en Sint-Laurens se waterskeiding
Vergroot
Kaart van die Groot Mere en Sint-Laurens se waterskeiding

Die Sint-Laurensrivier sluit die Sint-Louismeer suid van Montréal, die Sint-Françoismeer naby Salaberry-de-Valleyfield en die Sint-Pierremeer oos van Montréal in. Sy belangrikste eilande is die Duisend Eilande (Thousand Islands) naby Kingston, die Île-de-Montréal (Montréaleiland), die Jesuseiland (Île Jésus) van Laval, Orléanseiland naby Québec (stad) en die Anticosti-eiland noord van die Gaspé-skiereiland.

Die Champlainmeer, Rivière-des-Outaouais (Ottawarivier), Richelieurivier en Saguenayrivier mond almal in die Sint-Laurens uit.

Die Sint-Laurensrivier naby Trois-Pistoles, Québec
Vergroot
Die Sint-Laurensrivier naby Trois-Pistoles, Québec

Die eerste Europeër, wat die Sint-Laurensrivier bevaar, is Jacques Cartier, wat die rivier op 9 Junie 1534 ontdek en die gebied in die naam van koning Frans I van Frankryk tot 'n Franse besitting ("Nieu-Frankryk") verklaar. Tot die vroeë 17de eeu verwys die Franses na die gedeelte van die rivier wat in die rigting van Montréal vloei en na die Riviére des Outaouais as die Rivière du Canada (Kanadarivier). Die Sint-Laurensrivier dien as die hoofroete vir die verkenning van die Amerikaanse binneland vanuit Europa.

Oorspronklik is die Sint-Laurensrivier net tot by Montréal bevaarbaar, aangesien die geweldige Lachine-versnellings die skeepvaartroete blokkeer. Met die bou van die Lachinekanaal kan die versnellings vir die eerste keer omseil word. Die nuwe Sint-Laurenswaterweg, 'n grootskaalse stelsel van kanale en sluise wat in 1959 geopen is, skep nou 'n verbinding tussen die Atlantiese Oseaan en die Lake Superior, wat ook vir groot skepe geskik is.

[wysig] Name

Duisend Eilande (Thousand Islands)
Vergroot
Duisend Eilande (Thousand Islands)

Die oorsprong van die Northrivier in die Mesabi-bergreeks van Minnesota word as die brongebied van die Sint-Laurensrivier beskou. Aangesien dit deur 'n groot aantal mere vloei, verander sy naam dikwels. Van sy oorsprong tot by sy uitmonding staan hy bekend as die:

  • Northrivier
  • Sint-Louisrivier
  • Lake Superior
  • St. Marysrivier
  • Huronemeer
  • Sint-Clairrivier
  • Sint-Clairmeer
  • Detroitrivier
  • Eriemeer
  • Niagararivier
  • Ontariomeer
  • Sint-Laurensrivier

[wysig] Eksterne kakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com