Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Groot Mere - Wikipedia

Groot Mere

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Groot Mere, soos gesien vanuit die ruimte
Vergroot
Die Groot Mere, soos gesien vanuit die ruimte

Die Groot Mere is 'n groep van vyf uitgestrekte mere langs die Kanadees-Amerikaanse grens. Hulle vorm die grootste groep varswatermere ter wêreld en saam met die Sint-Laurensrivier ook die grootste varswaterstelsel. Vanweë hulle grootte word na hulle ook soms as binnelandse seë verwys. Die maksimale hoogteverskil tussen die mere is sowat 150 meter, waarvan die Niagara-valle tussen die Erie- en Ontariomeer die grootste deel uitmaak.


Meer Oppervlak (vk km) Diepte
(maksimaal) (meter)
Hoogte (meter)
Bomeer 83 000 307 183
Michiganmeer 52 500 222 177
Huronmeer 58 100 266 177
Eriemeer 25 900 64 175
Ontariomeer 18 760 225 75

[wysig] Die Groot Mere

Bomeer
Vergroot
Bomeer
Michiganmeer
Vergroot
Michiganmeer
Huronmeer
Vergroot
Huronmeer
Eriemeer
Vergroot
Eriemeer
Ontariomeer
Vergroot
Ontariomeer


Die groep van die Groot Mere weord gevorm deur (van wes na oos):

  • die Bomeer (Lake Superior, die mees uitgestrekte en diepste meer)
  • die Michiganmeer (die enigste wat uitsluitlik op Amerikaanse grondgebied lê en die tweede grootste meer ten opsigte van sy volume)
  • die Huronmeer (die tweede grootste in die gebied)
  • die Eriemeer (die kleinste meer ten opsigte van volume en diepte)
  • die Ontariomeer (die kleinste meer in die gebied ten opsigte van sy oppervlak, wat ook teen 'n laer hoogte bo seevlak lê as die ander mere)

[wysig] Geskiedenis

Die bevrore Eriemeer tydens die winter
Vergroot
Die bevrore Eriemeer tydens die winter

Die Groot Mere is teen die einde van die geologiese Pleistoseen-tydperk gevorm, toe smeltwater van die gletsers die meerbekkens, wat benede seevlak lê, begin opvul het. Seestrate, klein riviere en kanale verbind die mere met mekaar.

Die eerste Europese ontdekkers in die gebied is Franse voyageurs. Franse, Engelse en Amerikaners maak dekades lank aanspraak op die gebied, wat veral danksy die pelshandel ekonomies belangrik word. Met die einde van die Brits-Amerikaanse Oorlog in 1812 begin die grootskaalse immigrasie van Europese setlaars, wat van die gebied een van die kulturele en ekonomiese hartlande van Noord-Amerika maak. Die inwyding van die Eriekanaal in 1825 bevorder die ekonomiese ontwikkeling van die Groot Mere-gebied.

Met die opening van die Sint-Laurens-waterweg in 1959 word die Groot Mere 'n internasionale waterweg. Die waterweg met 'n lengte van 3 769 kilometer, wat uit 'n aantal kanale, damme en sluise bestaan, verbind die Groot Mere met die hawe van Montréal en die Atlantiese Oseaan. Die belangrikste vragte is ystererts, graan, ru-olie en vervaardigde goedere. Die waterweg is bevaarbaar tussen April en Oktober; tydens die winter verys die hawens, en winterstorms word 'n ernstige bedreiging vir die skeepvaart.

Rioolwater van die Groot Mere se metropolitaanse gebiede soos Toronto, Detroit en Chicago het die ekologiese sisteem van die mere dekades lank bedreig. Sedert die sestigerjare van die 20ste eeu het die mere egter begin herstel en vorm met hulle strande en parke en die natuurskoon van die gebied 'n belangrike toeristebestemming.



Gebiede van die wêreld
Afrika: Midde-Afrika | Oos-Afrika | Groot Mere | Guinee | Horing van Afrika | Noord-Afrika | Maghreb | Noordwes-Afrika | Sahel | Suider-Afrika | Afrika, Suid van die Sahara | Soedan | Wes-Afrika
Amerikas: Andes-state | Karibbiese Eilande | Sentraal-Amerika | Groot Mere | Groot  Vlaktes | Guianas | Latyns-Amerika | Noord-Amerika | Noordelike-Amerika | Patagonië | Suid-Amerika | Suidelike  Keël
Eurasië: Anatolië | Arabië | Asië | Balkan | Baltiese gebied | Benelux | Britse-Eilande | Kaukasië | Sentraal-Asië | Sentraal-Europa | Oos-Asië | Oos-Europa | Oos-Indies | Europa | Verre-Ooste | Indiese-subkontinent | Levant | Mediterreense gebied | Midde-Ooste | Nabye-Ooste | Noord-Asië | Noord-Europa | Na-Sowjet state | Skandinawië | Suidoos-Asië | Suid-Europa | Suidwes-Asië | Wes-Europa
Oseanië: Australasië | Melanesië | Mikronesië | Polinesië | Stille Oseaan-Rand
Poolgebied: Noord-Pool gebied | Antarktika
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com