Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Québec (provinsie) - Wikipedia

Québec (provinsie)

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Province du Québec
Province of Québec
Provinsie van Québec
Vlag Landswapen
(Vlag van Provinsie van Québec) (Landswapen van Provinsie van Québec)
Leuse : Je me souviens
Beeld:Quebec-map.png
Ander provinsies en gebiede van Kanada
Land Kanada
Hoofstad Québec (stad)
46° 49' N, 71° 12' W
Grootste stad Montréal
Goewerneur-generaal Lise Thibault
Eerste Minister Jean Charest (Parti libéral du Québec)
Oppervlakte 1 542 056 km²
 - Land 1 183 128 vk km
 - Water 176 928 vk km (11,5%)
Bevolking (2005)
 - Totaal 7 598 100 inw.
 - Digtheid 4,93 inw./vk km
Toelating tot die Kanadese Federasie
 - Datum 1 Julie 1867
Verteenwordiging in die Parlement
 - Parlement 75
 - Senaat 24
Posafkorting QC
Voorsetsel by poskode G H J
Tydsone UTC -51
Internet-domein .qc.ca
1 UTC -4 op die eilandgroep îles de la Madeleine
Die sneeu-uil is die nasionale voël van Québec
Vergroot
Die sneeu-uil is die nasionale voël van Québec

Québec is een van die tien provinsies van Kanada met 'n landoppervlakte van 1 540 687 vierkante kilometer en 7 598 100 inwoners (2005). Die provinsie het grense met die Verenigde State in die suide, die provinsie Ontario in die weste en die provinsie Nieu-Brunswick (Engels: New Brunswick) in die ooste. Sowat die helfte van die grondgebied bestaan uit mere en riviere - die provinsie besit 16 persent van die wêreld se varswaterreserwes. Die noorde (Grand-Nord québécois) is arkties en yl bevolk, terwyl die vlaktes van die Saint-Laurentrivier tot die gematigde sone behoort.

Die grootste stede is Québec (stad), die provinsiale hoofstad, en Montréal.

Alhoewel Kanada Engels en Frans as amptelike tale het, is net Frans die amptelike taal van Québec. As 'n oorblyfsel van die eertydse Franse kolonies in Noord-Amerika is die provinsie die enigste gebied op die vasteland met 'n Franstalige meerderheid.

Inhoud

[wysig] Simbole van die provinsie

Die Fleurdelisé
Vergroot
Die Fleurdelisé

Québec se vlag, die fleurdelisé, is 'n wit kruis op 'n blou agtergrond (die simbool van 'n christelike nasie) met vier lelies (Fleur de Lys) wat die Franse monargie versinnebeeld. Dit is die koninklike vlag wat die leër van generaal Montcalm, Marquis de Saint-Véran by hulle oorwinning in die slag van Carillon in die jaar 1758 gebruik het. Aangesien dit die simbool van die voormalige koningshuis van die Bourbone is, word dit in Frankryk sedert die Franse Rewolusie as kontrarewolusionêr beskou.

Die fleurdelisé-vlag vervang op 21 Januarie 1948 die ou Britse Union Jack op die toring van die parlementsgebou en word die amptelike vlag van die provinsie.

Die Nasionale Leuse is "Je me souviens" (Ek herinner my) - 'n trotse verwysing na die provinsie se kleurryke geskiedenis. Gilles Vigneault se lied "Gens du pays" word dikwels as die nie-amptelike volkslied van die provinsie beskou.

Die nasionale blom is die Iris versicolor (blouvlag-iris), en die nasionale voël is die sneeu-uil.

Die Heilige Anna en Johannes die Doper is die beskermheiliges van Frans-Kanada. 24 Junie, la Saint-Jean, is Québc se nasionale fees en word sedert die jaar 1977 amptelik Fête nationale du Québec genoem.

[wysig] Geografie

'n Welkomsgroet aan die grens
Vergroot
'n Welkomsgroet aan die grens

Québec lê in die ooste van Kanada en word deur die Engelstalige provinsie Ontario en die Hudsonbaai in die weste, die Atlantiese Oseaan met die Labradorsee, die provinsie Newfoundland (Frans: Terre-Neuve) en die provinsie Nouveau-Brunswick in die ooste, die Verenigde State (met die deelstate Maine, New Hampshire, Vermont en New York) in die suide en die Arktiese Oseaan in die noorde begrens.

Québec is Kanada se grootste provinsie en beslaan sowat drie keer die oppervlakte van Frankryk. Die provinsie vorm 'n reusagtige landmassa, wat van die 45ste noordelike breedtegraad tot by die Arktiese See strek. Die grootste deel van die gebied, veral die noordelike gebiede van Nouveau-Québec, is egter yl bevolk. Meer as 90 persent van Québec se oppervlakte lê binne die Kanadese Skild, 'n baie ou geologiese gebied, wat geskiedkundig ook as die Ungava-gewes bekend staan. Die Laurentides-gebergte noord van Montréal is die oudste bergreeks ter wêreld.

In die jare 1898 en 1912 besluit die Kanadese Parlement om die groot noordelike gebiede, Le Grand Nord Québécois, by die provinsie te voeg. 'n Groot deel van die noord-oostelike gebiede maak oorspronklik deel uit van die Noordwes-Territorium. Hierdie gebiede sluit ook die Jamesbaai in, waar sommige van die grootste Kanadese hidrokragsentrales teen die La Granderivier opgerig is. Hulle word deur die maatskappy Hydro-Québec beheer, 'n onderneming in besit van die provinsie.

Die gebied noord van die 55ste breedtegraad, Nunavik, is die tuisland van die Inuït.

Die Sint-Laurensrivier is die lewensaar van die provinsie. Langs die rivier lê die digbevolkte sentrale gedeelte van die povinsie met die stede Montréal en Québec (stad). Die Sint-Laurens verbind danksy die Sint-Laurenswaterweg sedert die jaar 1959 die Groot Mere tussen Kanada en die Verenigde State met die Atlantiese Oseaan. Naas die Sint-Laurens beskik Québec met sy een miljoen mere en riviere oor enorme reserwes van varswater.

[wysig] Bevolking

Die bevolking van die Province du Québec bestaan uit die afstammelinge van die Franse en Engelstalige setlaars en die Eerste Nasies (Premières Nations of Amerindians, veral Iroquois en Hurone, en Inuït). Daarbenewens het immigrante van dwarsoor die wêreld hulle in Québec gevestig. Sedert 1945 het 650 000 immigrante uit 80 lande 'n nuwe tuiste in Québec gevind. 83% van die totale bevolking praat Frans, sowat 12% is Engelstalig. Daar is minderhede van Sjinese, Portugees-, Grieks- en Italiaanstaliges. Die grootste deel van die Québécois leef langs die Fleuve Saint-Laurent (Saint-Laurentrivier).

Claude Bernou se kaart van Nieu-Frankryk (1681)
Vergroot
Claude Bernou se kaart van Nieu-Frankryk (1681)

Voor die aankoms van die Franse setlaars is die gebied van die huidige provinsie die tuiste van 'n aantal Indiaanse stamme - die Eerste Nasies. Die Provinsie van Québec erken vandag elf nasies op sy gebied - die Inuït, die Mohawks (Irokese of Iroquois), die Innus, die Cris, die Algonkins, die Atikamekw, die Micmacs, die Hurone, die Abenakis, die Malesiete en die Naskapis.

Die elf stamme van die Eerste Nasies het vandag sowat 70 000 lede en streef daarna om hul eie taal en kultuur te bewaar. Die Iroquois en Hurone is albei lede van die Irokese taalfamilie. Die naam "Huroon" is afgelei van die eieaardige kapsels van die mans. Die Franse woord l'huire wat eintlik die opgesette borstels van 'n varken beskryf word tot "Huroon".

In die tydperk tussen 1627 en 1663 styg die Franse bevolking van Québec van 100 tot 2 500 inwoners. Die eerste setlaars se geledere is binne 35 jaar versterk deur sowat 1 250 immigrante, en danksy die natuurlike bevolkingsgroei het hierdie syfer verdubbel. Die Franse setlaars kom veral uit die kusgebiede en hawestede van Noord- en Wes-Frankryk en die hoofstad Parys. Die historiese provinsies, wat die grootste rol by die volksplanting in Québec speel, is Normandië, Aunis, Perche, Île-de-France, Poitou, Maine, Saintonge, Anjou en Bretagne.

Terwyl die provinsie enkele dekades gelede nog die grootste natuurlike bevolkingsgroei in Kanada getoon het, het die geboortekoers tans tot 1,48 gedaal - minder as die fertiliteitskoers van 2,1 wat nodig is om die huidige bevolkingsyfers in stand te hou.

L'Assemblée Nationale du Québec, die parlement van Québec
Vergroot
L'Assemblée Nationale du Québec, die parlement van Québec

Met die taalstryd in die sewentigerjare het die Franse taal gewen: opskrifte en kennisgewings moes gewoonlik eentalig Frans wees. Die afskaling van Engels word vandag nie meer stelselmatig deurgevoer nie; Engelstalige opskrifte behoort egter steeds kleiner te wees as die Franses. Immigrante word deur die provinisiale regering gekies; in 'n poging om die persentasie Franstaliges te vergroot het baie Noord-Afrikaners in die afgelope jare 'n verblyfpermit gekry.

[wysig] Immigrasie

In die jaar 2003 is 37 619 immigrante aanvaar, veral uit Franstalige lande en voormalige Franse kolonies. Die belangrikste lande van herkoms is Haiti, Kongo, Libanon, Marokko, Rwanda, Sirië, Algerië, Frankryk en België.


[wysig] Die tien grootste munisipaliteite volgens bevolking

Straat in Québec (stad)
Vergroot
Straat in Québec (stad)
Munisipaliteit 2001 1996
Montréal 1 812 723 1 774 846
Québec (stad) 507 986 504 605
Longueuil, Québec 348 091 373 009
Laval, Québec 343 005 330 393
Gatineau 226 696 217 591
Saguenay 148 050 153 476
Sherbrooke 146 689 135 501
Trois-Rivières 122 395 124 417
Lévis 121 999 118 344
Terrebonne 80 531 75 110

[wysig] Geskiedenis

Montréal teen aandskemer
Vergroot
Montréal teen aandskemer
  • 1534: Jacques Cartier sit voet aan wal in Gaspé en neem die land namens François I, koning van Frankryk, in besit.
  • 1608: Samuel de Champlain land aan die noordoewer van die Sint-Laurensrivier, naby die Indiaanse dorp Kébec.
  • 1642: Paul Chomedey de Maisonneuve stig Ville-Marie, 'n dorpie wat later bekend staan as Montréal.
  • 1660-1713: Die kolonie wat nou Nieu-Frankryk genoem word groei langs die Sint-Laurentrivier en in Akadië (gebied aan die Atlantiese Oseaan).
  • 1759: Die Britse oorwinning op die Abraham-vlaktes lei tot die einde van die Franse heerskappy in Noord-Amerika.
  • 1763: Frankryk staan sy kolonies in Noord-Amerika aan die Britse kroon af. Nieu-Frankryk het in hierdie tydperk net 55 000 inwoners, in vergelyking met Nieu-Engeland se een miljoen.
  • 1791: Grondwet (Constitutional Act) voer 'n parlamentêre stelsel in; Frankokanadiërs se reg op 'n vaderland word erken en Kanada word in 'n Engelstalige (Ontario) en 'n Franstalige provinsie (Québec) verdeel.
  • 1837-1838: Die opstand van die Patriotes in Québec maak duidelik dat talle burgers die Britse gesag nie aanvaar nie.
  • 1867: British North America Act: Die Federasie van Kanadese provinsies (Québec, Ontario, New Brunswick en Nova Scotia) word gestig.
  • 1967: Die Franse President Charles de Gaulle besoek die Expo-tentoonstelling in Montréal; sy strydkreet "Vive le Québec libre!" is die beginpunt van die nuwe skeidingsbeweging wat 'n onafhanklike Québec ten doel het.
  • 1968: 'n Aantal skeidingsbewegings smelt saam en vorm die nuwe Parti Québecois.
  • 1969: Loi pour promouvoir la langue française au Québec: Frans word onderwystaal vir alle nie-Engelstalige Québecois.
  • 1974: Loi sur la langue officielle: Frans word die uitsluitende ampstaal van Québec.
  • 1976: Met die oorwinning van die Parti Québécois onder leiding van René Lévesque word die onafhanklikheisbeweging in Québec 'n nasionale vraagstuk vir Kanada.
  • 1980: 'n Meerderheid van die bevolking stem teen onderhandelinge met die federale regering oor die onafhanklikheid van Québec.
  • 1995: 49.4% van die Québecois stem vir 'n onafhanklike staat. Die Kanadese Parlement erken op 30 Oktober 1995 Québec se status as 'n besondere gemeenskap (distinct society).
  • 2003: Die oorwinning van die Parti Libéral is 'n teenslag vir die skeidingsbeweging.

[wysig] Ekonomie

 Die nuwe motorregistrasienommers met die leuse Je me souviens is in 1978 ingevoer
Vergroot
Die nuwe motorregistrasienommers met die leuse Je me souviens is in 1978 ingevoer

Die provinsie beskik oor 'n pos-moderne ekonomie wat 'n gemaklike handelsoorskot handhaaf. Ingevolge die vrye handel-ooreenkoms met die Verenigde State in 1987 styg die uitvoere van Québec, waarvan sowat 85 persent vir die VSA-mark bestem is, aansienlik. In 2002 voer Québec produkte en dienste ter waarde van 83,4 biljoen VSA-dollar in, terwyl sy uitvoere tot 92,2 biljoen VSA-dollar styg. Die bruto geografiese produk per capita in 2002 is 27 601 VSA-dollar.

Die vallei van die Saint-Laurentrivier is 'n vrugbare landbougebied vir vrugte, groente en graan. Québec is die belangrikste produsent en uitvoerder van esdoringstroop. Veeteelt is 'n verdere basis van die landbou.

Groot natuurlike hulpbronne en bloeiende nywerhede verseker dat die inwoners van Québec tot die welvarendstes wêreldwyd behoort. Québec se bosbou, waterkragsentrales, elektroniese-, telekommunikasie-, lug- en ruimtevaartnywerheid is beduidende uitvoerders, veral na die VSA.

Die hoëtegnologie-bedrywe in Montréal sluit lugvaartondernemings soos die straler-vervaardiger Bombardier, die stralerenjin-produsent Pratt and Whitney en die vlugsimulator-vervaardiger CAE in. Hierdie wêreldbekende ondernemings en talle toeleweringsbedrywe maak van Québec se lugvaartnywerheid die vierde grootste wêreldwyd.

[wysig] Politiek

Die goewerneur-generaal is die verteenwoordiger van koningin Elizabeth II as staatshoof. Die Eerste Minister (Frans: Premier ministre) is die leier van die regering en die grootste party in die eenkamerparlement (die Assemblée Nationale of Nasionale Vergadering). Ook die lede van die Ministersraad word uit die geledere van die grootste party benoem.

[wysig] Sien ook

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com