Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Paul Chomedey de Maisonneuve - Wikipedia

Paul Chomedey de Maisonneuve

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Paul Chomedey de Maisonneuve
Vergroot
Paul Chomedey de Maisonneuve

Paul Chomedey, sieur de Maisonneuve (* 1612, † 1676) is 'n Franse offisier wat as die stigter van die Kanadese stad Montréal bekend staan.

Paul Chomedey is die seun van 'n adellike gesin uit Neuville-sur-Vanne in die Champagne (Frankryk). Op die leeftyd van dertien jaar begin hy sy suksesvolle militêre loopbaan, waar hy hom onderskei met sy bekwaamheid en piëteit. Hy word aangestel deur Jérome le Royer de la Dauversière (1597-1659), 'n Jesuïet en hoof van die Société de Notre Dame de Montréal. Volgens 'n visie van Royer de La Dauversière probeer die geselskap 'n sendingstasie op die Montréal-eiland in Nieu-Frankryk te stig. Chomedey kry die opdrag om die leiding van die ekspedisie te oorneem en die veiligheid van die setlaars te verseker.

In 1641 seil die setlaars vanuit die Franse hawe La Rochelle na Nieu-Frankryk en sit in Québec voet aan wal om daar te oorwinter. Die plaaslike goewerneur raai Chomedey en sy setlaars af om 'n nedersetting temidde van die Irokese-gebied te stig, tog die groep gaan voort met hulle planne en vertrek in Mei van die volgende jaar na die Montréal-eiland.

Hulle stig die voorloper van die huidige Montréal, die dorp Ville-Marie, en rig 'n klein nedersetting met 'n kapel op. Daarnaas word ook 'n hospitaal onder die leiding van Jeanne Mance gestig. Die setlaars handhaaf vreedsame betrekkinge met die Algonquin-stam en verseker sodoende dat die kolonie se eerste bestaansjaar vreedsaam verloop. 'n Oorstroming in 1643 is die eerste groot bedreiging vir die nedersetting. Chomedey bid die Jonkvrou Maria aan, en die kruis wat hy later op die berg Mont-Royal oprig is 'n dankbetuiging vir die uiteindelike redding.

In dieselfde jaar ontdek die Irokese die nedersetting, en 'n lang konflik tussen die inboorlinge en die Franse setlars neem 'n aanvang. Chomedey se militêre opleiding kom handig te pas, en hy oorneem die kommando by die verdediging van die kolonie.

Na die dood van sy vader keer Paul Chomedey in die jaar 1645 terug na Frankryk. Alhoewel hy die aanbod kry om as nuwe goewerneur van Nieu-Frankryk aangestel te word, neem hy die besluit om voort te gaan as hoof van die nedersetting Ville-Marie. Na sy terugkeer na die eiland in 1647 duur die botsings met die Irokese voort. Tog danksy die vinnige groei van die nedersetting slaag die setlaars daarin om die aanvalle af te weer.

Die leiding van die kolonie word in die jaar 1663 deur die Franse kroon oorgeneem. Na vier-en-twintig jare se diens as hoof van die kolonie word die sieur de Maisonneuve in 1665 teruggeroep na Frankryk. Hy vestig hom in Parys, tog raak hy en sy dade in vergetelheid. Hy sterf in die jaar 1676.

Ander tale
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com