Gatineau
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Gatineau is 'n stad in die Région Nationale de la Capitale van Kanada, in die provinsie Québec, wat deur die samesmelting van onder meer Gatineau en Hull, Québec ontstaan het. Volgens die sensus van 2001 het Gatineau 227 000 inwoners. Die belangrikste besienswaardighede is die Musée canadien des civilisations, die Domaine Mackenzie-King (die huis van die voormalige Eerste Minister van Kanada), en die Centrale des Rapides-Farmers ('n waterkragstasie wat oop staan vir besoekers). Tot by die stadsgrense van Gatineau strek die Gatineau-park. Hy beskik oor 'n oppervlakte van 356 km² en wandelpaaie met 'n lengte van 125 kilometer (waarvan sowat 90 kilometer ook as fietspaaie dien).