Ekurhuleni
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit is 'n metropolitaanse munisipaliteit wat die plaaslike regering van die Oos-Rand-gebied van Gauteng vorm. Die naam Ekurhuleni beteken " Plek van Vrede". Ekurhuleni is een van die 5 distrikte van die Gauteng-provinsie in Suid-Afrika. Die hoofsetel van Ekurhuleni is in Germiston. Die meerderheid van die sowat 2 480 260 mense praat IsiZulu (2001-sensus).
Ekurhuleni is naburig aan:
Tshwane aan die noordekant
Metsweding (CBDC2) noordoos
Nkangala (DC31) aan die oostekant
Sedibeng (DC42) aan die suidekant
Johannesburg aan die westekant
Stede en dorpe
Die volgende stede, dorpe en buurte is ingesluit by hierdie reuse munisipaliteit, wat in 2000 geskep is:
Bedfordview
Daveyton
Devon
Duduza
Edenvale
Impumelelo
Isando
Katlehong
Kempton Park
KwaThema
Nigel
Reiger Park
Tembisa
Thokoza
Tsakane
Vosloorus
Wattville