Alberton
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Alberton is 'n dorp aan die Oos-Rand van Gauteng. Dit is geleƫ op die oewers van die Natalspruit, en naby groot sentra soos Johannesburg (15 km) en Pretoria (60km). Dit is uniek uit 'n stadsbeplannings-oogpunt deurdat daar nie 'n rede vir sy ligging is nie, maar bloot die nabyheid aan die groot sentra. Die Newmarket-renbaan in Alberton is welbekend, veral vir nagwedrenne wat hier plaasvind. Met sy groot industriƫle gebied, Alrode (deel van die Alrode-Wadeville-korridor) is Alberton nou deel van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit.