Boksburg
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Boksburg is 'n stad aan die Oos-Rand van Gauteng, Suid-Afrika. Dit is in 1887 uitgelê om die omliggende goudmyne te bedien, en is die tweede oudste stad aan die Witwatersrand. Dit is vernoem na die staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek, Eduard Bok. Hoofrifweg het Boksburg verbind aan al die ander hoof-myndorpe aan die Witwatersrand en die Angelo Hotel (1887) het gedien as 'n skofpos.
Die mynkommissaris, Montague White, het 'n groot dam gebou wat White's Folly gedoop is omdat dit vir jare leeg was. Na 'n oorstroming was die spotters stil. Hierdie 150,000-vierkante meter dam is nou die Boksburgmeer wat omring word deur groot grasperke, bome en terrasse. 'n Spoorlyn is gebou om Boksburg met Johannesburg te verbind in 1890.
Boksburg is nou deel van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit, wat die groter Oos-Rand insluit.