Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Kubisme - Wikipedia

Kubisme

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Jeanne Rij-Rousseau, Clair de lune, 1920, Olie op doek, 45/67cm. Privaat Versameling
Vergroot
Jeanne Rij-Rousseau, Clair de lune, 1920, Olie op doek, 45/67cm. Privaat Versameling
Kubistiese Kafee en Museum in Praag
Vergroot
Kubistiese Kafee en Museum in Praag
Diego Rivera,Naturaleza muerta, 1915
Vergroot
Diego Rivera,Naturaleza muerta, 1915

Kubisme word gewoonlik beskou as die belangrikste en invloedrykste kunsbeweging sedert die Italiaanse Renaisaans. Dit was ‘n avont-garde kuns beweging wat skilderkuns en beeldhoukuns tydens die vroeë 20ste eeu in Europa gerewolusioneer het.

In Kubistiese kunswerke word voorwerpe opgebreek, ontleed en dan weer saamgestel in ‘n abstrakte uitbeelding. In plaas daarvan om voorwerpe slegs van een vaste hoek te beskou, word die voorwerp van veelvoudige hoeke beskou en poog die kunstenaar dan om die onderwerp op so ‘n manier te verbeel dat die mees voledige resultaat verkry word. Dikwels sny die vlakke en fasette mekaar teen hoeke op so ‘n manier, dat geen herkenbare diepte getoon word nie. Die vlakke van die voorwerp in die agtergrond deurdring mekaar en skep in die proses ‘n dubbelsinnige vlak ruimte wat kenmerkend is van kubisme. Die resultaat word beskryf as ‘n volledige en duidelik omlynde skoonheid.

[wysig] Geskiedenis

Georges Braque en Pablo Picasso wat toe inwoners van die Montmarte kwatier van Parys Frankryk was, word algemeen beskou as die inoveerders van die beweging. Hulle het begin werk aan die ontwikkeling van kubisme in 1908 nadat hulle in 1907 ontmoet het, en het nou saamgewerk tot die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914. Franse kuns kritikus Louis Vauxcelles was die eerste persoon om die uitdrukking "Kubisme" (bitarre cubiques) te gebruik. Dit was nadat hy 'n skildery van Braque gesien het en dit beskryf het as "vol klein kubisse", waarna die term algemeen gebruik is. Die twee skeppers van kubisme self het vir 'n hele ruk nie dié term gebruik nie.

Die Kubisme beweging het uitgebrei deur die samekoms van kunstenaars in Montparnasse, en is aangemoedig deur die kunshandelaar Henry Kahnweiler. Dit het so gou gewild geraak dat teen 1910 kritici verwys het na die "Kubisme skool", van al die kunstenaars wat beinvloed is deur Braque en Picasso. Daar was egter heelwat ander kunstenaars wat hulself as kubiste beskou het, maar wat in rigtings gegaan het wat anders was as die oorspronklikes van Braque en Picasso. Braque en Picasso het self deur verskeie fases gegaan voor 1920. Die Puteaux Groep, 'n vertakking van die kubisme beweging, waarna kunstenare soos Guillaume Apollinaire, Robert Delaunay, Marcel Duchamp, Fernand Léger ook bekendheid verwerf het. Kubisme het kunstenare van die eerste dekades van die 20ste eeu beïnvloed en het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van die nuwe tendense in kuns soos Futurisme, Vortisme en Ekspessionisme.

[wysig] Analitiese Kubisme

Picasso en Braque het saam gewerk gedurende die voor-kubisme tydperk (1906-!909) en daarna het hulle begin om hulle konsepte te ontwikkel tot wat later bekend gestaan het as “analitiese kubisme”. Die styl het ontwikkel gedurende die tydperk van herfs 1909 tot winter 1911/1912. En het bestaan uit digte patrone, amper monokrome vlakke van onvoltooide, rigtingsgegewende lyne en gemodelleerde vorms wat heeltyd teen mekaar op gespeel word.

Braque sou later die verhouding tussen hom en Picasso beskryf as die van “twee berg klimmers wat met ‘n tou aan mekaar verbind is”. Picasso se skildery “Blah” (les Demoiselles d’Avignon) word deur baie kuns geskiedkundiges nie as Kubisties beskou nie, maar dit word nogtans as ‘n noodsaaklike deel in die ontwikkeling van die beweging beskou. In hierdie werk eksperimenteer Picasso eers om dieselfde voorwerp, of in hierdie geval figuur, van verskillende rigtings te aanskou. Braque was beindruk met die skildery en het verder met dié idee geeksperimenteer. Albei mans se ontwikkeling in dié veld, het aanleiding gegee tot die Kubisme wat ons vandag ken.

Sommige kuns geskiedkundiges het ook ‘n sekondêre fase in hierdie analitiese tydperk geidentifiseer. Dit het bekend gestaan as die “Hermitiese” fase waarin die werke gekenmerk is deur monokroom te wees en moeilik te ontsyfer. Die skilders het toe leidrade gegee deur ‘n identifiseerbare voorwerp in te sluit, om te help ontsyfer wat deur die stuk weergegee word. ‘n Mens kon byvoorbeeld deur die insluiting van ‘n pyp afgelei word, dit word maklik afgelei dat die persoon besig was om te rook Op hierdie stadium het kubisste die grens van abstrakheid genader. ‘n Paar letter is bygevoeg om ook as leidrate in die werk te dien. Braque het van die letters benut en hulle het onmiddelik die skakel gemaak met allerdaagse voorwerpe, soos ‘n bottel Rum of ‘n koerant.

[wysig] Sintetiese Kubisme

Die tweede fase van kubisme het begin in 1912 en is Sinteiese kubisme genoem. Hiersie werke is saamgestel uit duidelikke dele wat bo-op die doek geskilder is en soms ook op geplak is. Die werke is gekenmerk deur die gebruik van helder kleure, iets wat hulle voorheen probeer intel het, maar wat nie suksesvol was nie, omdat dit baie moeilik was om ‘n gladde oorgang tussen die kleur op die doek te kry.

In teensetting met Analitiese kubisme wat voorwerpe gefragmenteer het en voorwerpe afgebreek het tot in sy onder dele of vlakke, het sintetiese kubisme gepoog om baie verskillende voorwerpe gelyktydig te gebruik om nuwe vorms of gestaltes te skep. Hierdie fase verwensenlik die ontstaan van kollage en van papier “collé”. Picasso het kollage uitgevind met sy werk “Still Life with Chair Caning”, waarin hy ‘n stuk doek, waarop die ontwerp van ‘n stoel geskilder is, bo op die doek geplak het. Braque het belang gestel in Picasso se tegniek en was toe die eerste om papier collé te benut in sy werk “Fruitdish and Glass”. Die glas aan die linkerkant, is ‘n stuk koerant papier wat in die vorm van ‘n glas geknip is.

Terwyl Braque voorheen letterwerk gebruik het, het die twee kunstenaarsse se sintetiese stukke begin om die konsep tot ‘n nuwe uiterste te neem. Leteers wat voorheen wat die onderwerp in die stuk was, het toe die onderwerp self geword. Stukkies koerant is van die mees algemene items wat die kunstenaars op hul doeke gebruik het. Hulle het nog verder gegaan deur papier met ‘n houtdruk daarop, of ook ander tipes materiaal by te voeg. Behalwe dat Picasso en Braque gemengde media gebruik het, het hulle ook die aanwending van verf gewarrieër met dekoratiewe verf tegnieke soos kam, “faux graining” en die byvoeging van sand vir tekstuur. Hulle het gereeld voorwerpe geteken en het toe die skadu’s met grafiet of houtskool bygevoeg en sodoende verf en teken tegniekke gemeng. Verder het Picasso gebruik gemaak van die tegniek “Pointillism” en kolletjies patrone , om deursigtige vlakke aan te dui en om ruimte te skep.

Hoof figure: Volgers van die beweging: Georges Braque Marcel Duchamp Pablo Picasso Paul Klee Jacques Villon Jacques Lipchitz Juan Gris Louis Marcoussis [[Fernand Leger Marevna]] (Marie Vorobieff-Stebelska) Jean Metzinger Alexandra Nechita Francis Picabia Liubov Popova Diego Rivera Marie Vassilieff Fritz Wotruba Piet Mondrian

Daar was ook kritisie (Andre Salamon, Guillaume Apollinaire), digters (Max Jacob, Pierre Reverdy, Gertrude Stein) en ander beeldhou kunstenaars wat die leiding geneem het van Jacques Lipchitz, soos Raymond Duchamp-Villon en Elie Nadelman wat ook gelok was in die tendens van kubisme in. Robert Delaunay het "Orphic” kubisme beoefen, wat gesien is in die Puteaux Groep.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com