Beijing
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
北京市 (Běijīng Shì) Beijing Munisipaliteit |
|
---|---|
Ligging in die Volksrepubliek van Sjina | |
Basiese Inligting | |
Oorsprong van die naam: | 北 běi - noordelike 京 jīng - hoofstad "Noordelike Hoofstad" |
Afkorting: | 京 Jīng |
Oppervlakte: | 16,808 km² (29ste) |
Bevolking (2004): | 14,930,000 (26ste) Munisipaliteit |
ongeveer 7.5 miljoen | |
Digtheid (2004): | 888/km² (2de) Munisipaliteit |
BIP (2004): - per kapita |
CNY 428.3 biljoen (15de) CNY 28,700 (2de) |
Hoof nasionaliteite (2000): | Han - 96% Manchu - 2% Hui - 2% Mongool - 0.3% |
Stad bome: | Sjinese arborvitae (Platycladus orientalis) Pagoda boom (Sophora japonica) |
Stad blomme: | Chrysanthemum (Chrysanthemum morifolium) Sjinese roos (Rosa chinensis) |
Hoogte bo seespieël: | 43.5m |
Koordinate: | 39°54′20″N, 116°23′29″E |
Poskode: | 100000 - 102600 |
Area kode: | +86/10 |
Nommerplaat identifikasie : | 京A, C, E, F, H, J 京B (taksie) 京G (buite die stadsgebied) 京O (polisie en amptlike voertuie) 京V (militêre hoofkwartier & sentrale regering) |
ISO 3166-2: | cn-11 |
Tydsone : | UTC+8 |
Webwerf : | www.beijing.gov.cn www.ebeijing.gov.cn (Engels) |
Regering | |
Administratiewe Tipe: | Munisipaliteit |
CPC Shanghai Komitee Sekretaris: |
Liu Qi |
Burgermeester: | Wang Qishan |
Beijing (Sjinees: 北京;, IPA pei˩ tɕɪŋ˦), 'n stad in die Noorde van Sjina, is die hoofstad van die Volksrepubliek van Sjina. Beijing is een van die munisipaliteite van die Volksrepubliek van Sjina, wat gelykstaande is aan 'n provinsie in Sjina se administratiewe struktuur. Die Beijing munisipaliteit grens aan die Hebei Provinsie in die Noorde, Weste, Suide en 'n klein gedeelte in die Ooste en Tianjin Munisipaliteit in die Suid-ooste.
Beijing is Sjina se tweede grootste stad in terme van bevolking na Shanghai. Dit is 'n hoof transport sentrum, met dosyne treinspore, paaie en hoofwee en alle rigtings. Dit is ook die primêre stad in Sjina vir Internasionale vlugte. Beijing vorm die politiese en kulturele sentrum van die Volksrepubliek van Sjina, terwyl stede soos Shanghai en Hong Kong die leiers is op ekonomiese veld.
Beijing is een van die vier groot geskiedkundige hoofstede van Sjina.
[wysig] Name
Beijing (北京) beteken letterlik "Noordelike hoofstad" wat in lyn is met die Oos Asië tradisie waarby hoofstede so genoem word. Ander stede wat ook so benoem is sluit in Nanjing (南京), Sjina, beteken "Suidelike hoofstad"; Tokyo (東京), Japan, en Tonkin (東京; nou Hanoi), Vietnam, beide beteken "Oostelike hoofstad"; sowel as Kyoto (京都), Japan, en Gyeongseong (京城; nou Seoul), Korea, beide beteken eenvoudig "hoofstad".
Peking is die naam van die stad in romaanse Pinyin, en is ook die tradisionele naam van Beijing in Engels. Hierdie term het ontstaan as gevolg van Franse misionêre vier honderd jaar gelede, en is gebaseer op 'n ouer uitspreek vorm in Mandaryn van [kʲ] na [tɕ]. ([tɕ] word in pinyin voorgestel as j, soos in Beijing.)
In Sjina het die stad verskeie name gehad. Tussen 1928 [1] en 1949 het die stad bekend gestaan as Beiping (北平; Pinyin: Beiping; Wade-Giles: Pei-p'ing), wat letterlik "Noordelike vrede" beteken. Hierdie naam was verander - met die verwydering van die element wat "hoofstad" beteken (jing of king, 京) — om aante dui dat, met die vestiging van die Kuomintang regering in Nanking (pinyin: Nanjing), dat Peking nie meer die hoofstad van Sjina was nie, en dat die "warlord"-regering wat gebaseer was in Peking nie wettig is nie.
Die kommunistiese party van Sjina het die naam weer terug verander na Beijing (Peking) in 1949 deels om aan te dui dat Beijing weer die hoofstad van Sjina is. Die regering van die Republiek van Sjina op Taiwan het nog nooit die naam verandering formeel aanvaar nie, en gedurende die 1950s en die 1960s was dit algemeen in Taiwan dat Beijing genoem was Peiping om aan te dui dat die Volksrepubliek van Sjina onwettig is. Vandag word Beijing amper oral in Taiwan gebruik, insluitende die regering van die Republiek van Sjina, alhoewel sekere kaarte van Sjina steeds die ou naam en ou politiese-grense voor 1949 gebruik.
Yanjing (燕京; Pinyin: Yānjīng; Wade-Giles: Yen-ching) is en was 'n ander gewilde informele naam vir Beijing, wat 'n verwysing is na die ou Staat van Yan wat op hierdie plek bestaan het gedurende die Zhou Dinastie. Hierdie naam kom voor in die lokale Yanjing bier sowel as die naam van die Yenching Universiteit. Beijing is ook die Cambuluc (Khanbaliq) soos beskryf in die vehale van Marco Polo.
[wysig] Geskiedenis
In die eerste millenium VC was daar drie stede gewees in die omgewing van Beijing, sowel as hoofstad van die Staat van Yan (燕), een van die magte van die Warring Staate Periode, was gevestig by Ji (T: 薊 / S: 蓟), naby die moderne Beijing.
Gedurende die Sui (581-618) en die Tang (618-907) dinastie, het slegs klein dorpe bestaan in hierdie area.
Daar word beweer dat Beijing die grootste stad was in die wêreld vanaf 1425 tot 1650 en vanaf 1710 tot 1825. [1]
Die Verbode Stad (Forbidden City) was gebou in 1406 tot 1420, gevolg deur die Hemelse Tempel (1420), sowel as verskeie ander konstruksie projekte. Tian'anmen, wat 'n staat simbool geword het van die Volksrepubliek van Sjina, was twee keer afgebrand gedurende die Ming Dinastie en die laaste herkonstruksie was uitgevoer in 1651.