1 Februarie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
1 Februarie is die 32ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 333 dae in die res van die jaar (334 in skrikkeljare).
Jan - Februarie - Mar | ||||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | (30) | |||||
2004 dag rangskikking Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1796 - Die hoofstad van Bo-Kanada word geskuif van Newark (nou Niagara-on-the-Lake) na York (nou Toronto), wat as minder kwesbaar vir aanvalle uit VSA geoordeel is.
- 1884 - Die eerste bundel van die Oxford English Dictionary word gepubliseer.
- 1946 - Noorweegse politikus Trygve Lie word verkies as die eerste VN Sekretaris-Generaal.
- 1958 - Egipte en Sirië smelt saam om die Verenigde Arabiese Republiek te vorm.
- 2003 - Die NASA Ruimtependeltuig Columbia disintegreer bo Texas tydens terugkeer in die aarde se atmosfeer op die tuig se 28ste en finale sending.