Simonstad
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Simonstad (Engels: Simonstown) is 'n dorp aan die oostelike kant van die Kaapse Skiereiland naby Kaapstad (provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika). Dit is vernoem na die Nederlandse goewerneur van die Kaap, Simon van der Stel. Simonstad, wat aan die Valsbaai geleë is, staan bekend as die hoofkwartier en opleidingsentrum van die Suid-Afrikaanse Vloot. Die dorp speel al tweehonderd jaar 'n belangrike rol as militêre hawe en is oorspronklik deur die Koninklike Britse Vloot (Royal Navy) gebruik.
Simonstad se St. Georgestraat word danksy 'n groot aantal historiese huise, waaronder die Huis van die Admiraliteit uit die jaar 1740, ook die "Goue Myl" genoem. Die dorp beskik oor 'n regstreekse spoorwegverbinding met die sakekern van Kaapstad en een van die gewildste sandstrande van die skiereiland, Bouldersstrand. Die strand is blykbaar ook gewild by die plaaslike pikkewyne, wat hier - ondanks die aanwesigheid van mense - in 1985 'n kolonie gestig het.
Provinsie Wes-Kaap |
|
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Tuinroete | Klein Karoo |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Breederivier | Breederivier/Wynlande | Breedevallei | Kaap Agulhas | Sederberg | Sentraal-Karoo | Kaapstad | Drakenstein | George | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Plettenbergbaai | Prins Albert | Saldanhabaai | Suid-Kaap | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg | |