Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions Mont-Saint-Michel - Wikipedia

Mont-Saint-Michel

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Mont-Saint-Michel
Vergroot
Die Mont-Saint-Michel

Mont-Saint-Michel (Bretons Menez Mikael) is 'n abdy, gebou op 'n rotsagtige eiland met 'n oppervlak van 55 000 vierkante meter aan die Normandies-Bretonse kus (département Manche, Frankryk). Die abdy maak deel uit van die gelyknamige dorp in die kanton van Pontorson.

Die berg, wat sedert die jaar 1979 as een van die UNESCO se wêrelderfenisgebiede gelys word, is in 1987 tot 'n nasionale historiese monument verklaar. Dit word dikwels met die Sewe wonders van die wêreld vergelyk en is met jaarliks meer as drie miljoen besoekers een van die gewildste toeristebestemmings in Frankryk.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Oorspronklik vorm die berg onder sy aanvanklike naam Mont Tombe saam met die klein eiland van die rif Tombelaine en die berg Mont Dol op die vasteland 'n soort heidense sentrum. Die Mont Tombe dien as 'n belangrike vergaderplek van druïdes, maar ook as offerplek, waar die gode deur die offers van jong mans gunstig gestem is.

In die Romeinse tydperk word die berg aan die Romeinse god Mercurius gewy.

Die Christelike geskiedenis van die berg begin met die heilige Aubert, die biskop van die Normandiese stad Avranches. In die jaar 708 verskyn die aartsengel Michael vir hom in 'n droom en gee aan hom die opdrag om 'n Christelike kapel op die 80 meter hoë Mont Tombe op te rig.

Eers na die derde verskyning - en ná 'n hewige slag op sy kop, wat 'n groot gat in sy skedel agterlaat - het die biskop 'n kapel opgerig en aan die aartsengel gewy. Kort na die voltooiing word die gebied deur 'n vloedgolf oorstroom, waarby talle dorpe verwoes en die berg as 'n eiland van die vasteland afgesny is. Die biskop is diep geskok en beskou die natuurramp as 'n vingerwysing van God. Hy vernoem die berg na die aartsengel en rig 'n klooster teen die hang van die rots op.

 Weivelde naby die Mont-Saint-Michel
Vergroot
Weivelde naby die Mont-Saint-Michel
'n Lugfoto van die Mont-Saint-Michel
Vergroot
'n Lugfoto van die Mont-Saint-Michel

Die dorp op die berg, wat vandag 50 inwoners tel, bestaan sedert die jaar 709. Normandiese monnike stig hier in 966 'n Benediktynse klooster, wat tot een van die belangrikste geestelike sentra in Europa en 'n gewilde bestemming van bedevaarte word. Die kerk van die abdy word tussen 1022 en 1135 opgerig. Tydens die Honderdjarige Oorlog tussen Engeland en Frankryk is die berg die simbool van die Franse verset, die eiland word tussen die 13de en 15de eeu versterk. In die tyd van die Franse Rewolusie verlaat die monnike die eiland, en dit word 1810 tot 'n gevangenis omskep. Danksy die pogings van Victor Hugo is die gevangenis in 1863 gesluit. Die Mont-Saint-Michel word in 1874 tot Monument Historique verklaar en in 1879 deur middel van 'n dam met die vasteland verbind. Na uitgebreide herstelwerk word 1966 die millenium (millénaire) van die Mont-Saint-Michel gevier, en in 1969 keer die monnike uiteindelik terug na die abdy. Sedert 1979 is dit een van die wêrelderfenisgebiede wat deur die UNESCO gelys word.

[wysig] Besienswaardighede

'n Restourant op die berg
Vergroot
'n Restourant op die berg
Tombelaine, 'n klein eiland naby die Mont-Saint-Michel
Vergroot
Tombelaine, 'n klein eiland naby die Mont-Saint-Michel

Vandag is die eiland met sy heilige berg een van die vernaamste toeristebestemmings in Noord-Frankryk. Die museum L'Historique et Maritime behandel die geskiedenis van die eiland en die ekosisteem van Mont-Saint-Michel. Die hoogste getye in Europa word hier aangetref en dit verseker 'n gereelde verbinding tussen die vasteland en die eiland. Daar word gereeld noodsaaklike ontsandingswerk gedoen om die oorspronklike toestand van die eiland te behou.

Daar is ook 'n versameling van modelskepe wat die geskiedenis van die skeepsbou sedert die 16de eeu uitbeeld.

'n Ongewone besienswaardigheid is die skedel van die stigter, biskop Saint Aubert, wat nog steeds op die Mont-Saint-Michel bewaar word. Die groot gat, wat as oorblyfsel van 'n hewige slag op sy kop beskou word, kan besigtig word. Volgens die legendes is die slag selfs deur die aartsengel Michael aan hom toegedien.

[wysig] Veeboerdery en kookkuns

Deur middel van inpoldering is in die omgewing van die berg soutige weivelde geskep, wat uitstekend geskik is vir skaapboerdery. Danksy die pré-salés (soutige weivelde) lewer die skape in die omgewing vleis van 'n hoë gehalte op, en agneau de pré-salé (lam van soutige weivelde) is nou 'n gewilde gereg op die plaaslike restourante se spyskaarte.

[wysig] Eksterne skakels


Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu