Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Druïdisme - Wikipedia

Druïdisme

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Groep moderne Druïde word deur die eerste sonstrale van die dag getref
Vergroot
'n Groep moderne Druïde word deur die eerste sonstrale van die dag getref

Druïdisme is 'n stelsel van godsdiens, filosofie en onderrig van die Druïde wat die bewaarders was van die voor- of vroeg-Keltiese gelowe. Hulle was die krag wat eenheid gesmeë het tussen die verskillende Keltiese groeperinge. Hierdie kaste oud-priesters of towenaars word soms met paganisme gekoppel en is 'n mistieke orde wat georganiseer was in terme van drie groeperings: Barde (Digtersangers), Ovate en Druïde.

  • Barde, die eerste orde, het deur opleiding gespesialiseer in vakgebiede soos musiekale kunste, instrumente, digkuns of geskiedenis. Die Barde was veral verantwoordelik vir die oordrag van kulturele kennis aan die breë bevolking.
  • Ovate, die middel orde, is gekend as studente met 'n algemene kundigheid, in vele onderwerpe soos medisyne, regte, digkuns, musiek en sterrekunde. Ovates het die gemeenskap prakties gedien met hul kennis en insig.
  • Druïde, die hoogste orde, was gesagsfigure en het die rolle vertolk gelykstaande aan die van profete, ministers en regters wat orde gehandhaaf het in die gemeenskap.

'n Druïde se lewe het bestaan uit lewenslange opleiding. Hulle is reeds as kind uitgekies om opgelei te word as Druïde. Dit het tot twaalf jaar geduur om die vlak van Bard te bereik en verdere tien jaar opleiding om die vlak van Ovates te bereik, en na 'n verdere tien jaar kon die vlak van Druïde bereik word.

Druïde was veral werksaam, meer magiërs as profete, eers in Gallië, toe in Brittannië en later in Ierland. Druïde het vele rolle vertolk in die Keltiese kultuur wat onder andere ingesluit het om:

  • offers te bring,
  • die kinders van die adellikes te ondderig,
  • die toekoms te voorspel,
  • tydsberekening van gebeurtenisse bepaal,
  • die leer van sielsverhuising te handhaaf,
  • geneeskunde beoefen en
  • reg te spreek

Baie min is bekend oor druïdisme aangesien Druïds geglo het om hul tradisies mondelings oor te dra en hul leerstelling was dat niks op skrif gestel mag word nie. Onderrig het veral geskied deur middel van verse wat aangeleer is. Die beste bron van Druïdisme is die geskrifte van die Romeine.Die eerste volwaardige verwysing na Druïdisme kan gevind word in Caesar se De Bello Gallico (letterlik vertaal "Oor die Galliese Oorloë) waarin die rol van Druïds uiteengesit word as gemeenskap leiers met kundig was in gemeenskapswetgewing. Die Romeinse skrywer Diogenes het die Druïdisme as die wysgeleerdes van hul tyd beskryf. 'n ander Romeinse skrywer, Plinius die oue, is die term Druïde afgelei van die Griekse term 'Drus' wat 'eik' beteken soos die van 'n eikeboom. Die eikeboom is deur Druïdisme hoog geag. 'Duir' is die keltiese naam vir eikeboom en 'wid' beteken om besonderse insig te hê. 'Duir-wid' het dus gedui op iemand met die lewenslange kennis van 'n langlewende eikeboom. Druïde het hul geestelike seremonies nomaalweg, naby 'n fontein binne eikewoude uitgevoer, waar hulle nader aan die mag van die natuur gevoel het.

Vroulike Druïde was veral hoog geag in die begin van Druïdisme.

Die geskiedenis van Druïdisme kan in die volgende belangrike era's verdeel word:

  • 400 v. C. - 61 waartydens Druïdisme gefloreer het tot en met die vernietiging van Anglesey in 61 n.C. (Daar is bewerings dat Druïdisme reeds 1000 v.C. begin het.)
  • 61- 563 wat gekenmerk is deur Romeinse oorheersing
  • 563 - hedendaagse Druïdisme.

In die sesde eeu n.C. het die Romeinse gesag die Druïdisme, weens hul politieke mag, amper totaal uitgewis sodat min van die oorspronklike Druïdisme vandag not bekend is. Tydens die Romeinse uitwissing het die Druïde gevlug na Ierland waar, klein groeperinge vir 'n lang tydperk bly voortleef het, sonder regterlike of politieke mag.

In die laat 18de eeu was daar 'n herlewing van Druïdisme, beskou as Neo-druïdisme. Geinspireer deur John Aubrey, John Toland and William Stukely, is in 1781, met geheime ritueel, 'n nuwe internasionale orde van Druïdisme gestig ter bevordering van menseliefde, en weldadigheid. Edward Williams of te wel Iolo Morganwg volgens sy Bardnaam, was baie bedrywig in die 18de eeu om Druïdisme te laat herleef.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com