Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions Ingrid Jonker - Wikipedia

Ingrid Jonker

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Ingrid Jonker was 'n Afrikaanse skryfster en digteres. Sy is gebore op 19 September 1933 naby Kimberley, die hoofstad van die huidige provinsie Noord-Kaapprovinsie. Sy verdrink op 19 Julie 1965 in die see by Kaapstad.

[wysig] Lewe

Ingrid Jonker was die tweede dogter van Abraham H. Jonker, 'n skrywer wat 'n Nasionale Party politikus word en Beatrice Cilliers. Haar vader verlaat haar moeder nog voor haar geboorte. Saam met haar moeder en haar suster Anna trek sy in by haar grootouders wat naby Kaapstad boer. Saam met haar diep gelowige ouma woon Ingrid verskeie godsdienstige byeenkomste by, waar sy geraak word deur die verhale en taal van die Bybel. Toe sy ses word begin sy self gedigte te skryf. Na die afsterwe van haar oupa swerf die vier vroue deur Kaapstad, sonder vaste inkomste. Haar versteurde moeder sterf in 1943, waarna Ingrid en haar suster by hul pa en sy nuwe gesin gewoon.

Die meisies word nouliks aanvaar in hul nuwe gesin. Ingrid kon nie 'n noue band met haar pa skep nie, wat haar die res van haar lewe negatief sou beïnvloed. Sy hou aan gedigte skryf en op twaalfjarige ouderdom maak sy kontak met D.J. Opperman, 'n digter en skrywer wat 'n groot invloed op haar werk sou hê. Sy presteer op skool maar haar pa en stiefma wou nie gehad het dat sy verder studeer nie.

In 1949 het sy 'n bundel gereed maar ondanks belangstelling van uitgewers word die bundel nie gepubliseer nie. Verdien sy geld met werk by drukkers, uitgewers en boekwinkels. Sy volg ook 'n kursus in poësie. Haar eerste publikasie die bundel Ontvlugting word in 1956 uitgegee. Sy dra die werk op aan haar vader wat dit egter afkeur. In dieselfde jaar trou sy met die aansienlik ouer skrywer Pieter Venter, saam met wie sy in Johannesburg gaan woon. In 1957 word hulle dogter Simone gebore. Dit is egter nie 'n gelukkige huwelik nie. Jonker kla oor eensaamheid en ly aan depressie. Jonker en Venter skei in 1960 en sy gaan met haar dogter terug na Kaapstad.

Ingrid Jonker behoort tot 'n groep kunstenaars waaruit die beweging bekend as die Sestigers sou ontstaan. Hulle verset hulle onder meer teen die sensuur wat die regerende Nasionale Party instel – 'n beleid dat ook deur Ingrid se pa Abraham uitgevoer word. Die politieke onenigheid dryf vader en dogter nog verder uiteen. Die sensuur word verskerp na kritiek teen die regering toeneem weens die paswette en veral na die skietvoorval in Sharpeville, in 1960. Jonker het daaroor die gedig Die kind (wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga) geskryf. As gevolg van haar kritiese houding ten opsigte van apartheid kon sy vir jare nie 'n nuwe bundel gepubliseer kry nie.

Sielkundige probleme het tot gevolg dat sy verskeie kere opgeneem word in psigiatriese inrigtings. In 1961 word sy opgeneem in Valkenburg, dieselfde kliniek waar haar moeder gesterf het. In die tyd het sy verhoudings met die skrywers André P. Brink en Jack Cope gehad. Brink was getroud en Cope was twintig jaar ouer. 'n Swangerskap lei tot 'n aborsie, ‘n nuwe aanslag op haar reeds onstabiele geestelike gesondheid.

In 1963 verskyn die bundel Rook en Oker wat entosiasties ontvang word. Vir die bundel ontvang sy in 1964 'n prys van die Afrikaanse Pers-Boekhandel. Dié prys en 'n studiebeurs van die Anglo American Corporation stel haar in staat om 'n lang reis na Europa te onderneem, waartydens sy onder andere in Parys die skrywer en digter Breyten Breytenbach ontmoet. Na 'n uitval met haar reisgenoot Brink, wat uiteindelik na sy vrou terugkeer, stort sy ineen en moet sy in Parys opgeneem word.

Terug in Suid-Afrika bly sy depressief. Op 19 Julie 1965 verlaat sy die kliniek waar sy opgeneem was. By Drieankerbaai loop sy die see in en verdrink. Nadat hy van haar dood verneem het reageer haar pa as volg op haar selfmoord: "Sover dit my aangaan kan hulle haar weer teruggooi in die see".

[wysig] Nalatenskap

Na haar dood verskyn die bundel Kantelson. Die werk van Ingrid Jonker is in verskeie tale vertaal, onder andere in Nederlands, Engels en Zoeloe. Die kind (wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga) word deur Nelson Mandela voorgedra tydens sy eerste toespraak as president in die Suid-Afrikaanse parlement, in 1994. Mandela noem haar "Afrikaner én Afrikaan". Haar vriende stel in 1965 die Ingrid Jonker Prys in wat jaarliks toegeken word aan 'n digter wat in Afrikaans of Engels debuteer. Naas poësie skryf Jonker ook ‘n kort toneelstuk (Seun na my hart) en enkele kort verhale.

Chris Chameleon, Afrikaanse sanger het van Ingrid Jonker se werk getoonset en in 2005 die album Ek herhaal jou uitgegee wat landwyd gehore en resensente se verbeelding aangegryp het.

[wysig] Eksterne skakels

Ander tale

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu