Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Nelson Mandela - Wikipedia

Nelson Mandela

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Nelson Mandela
Vergroot
Nelson Mandela

Nelson Rolihlahla Mandela (Julie 18, 1918) was die eerste staatshoof (1994-1999) van 'n volledig demokratiese Suid-Afrika. Hy is in 1999 as staatshoof deur Thabo Mbeki opgevolg.

Inhoud

[wysig] Vroeëre lewe

Rolihlala Mandela is op 18 Julie 1918 in Qunu, in die Transkei in die destydse Unie van Suid-Afrika, gebore. Op sewejarige leeftyd word hy die eerste lid van sy familie wat skool toe gaan. Hier ontvang hy sy Engelse noemnaam, "Nelson", van 'n onderwyseres.

Ná matriek studeer Mandela aan die Universiteit van Fort Hare, waar hy Oliver Tambo ontmoet, 'n lewenslange vriend en later kollega in die stryd ("struggle") om die "bevryding" van die agtergeblewe volke van Suid-Afrika.

[wysig] Politieke bedrywighede

Reeds as jeugdige en student verset Mandela hom teen regeringsoptrede wat die swart bevolking hul politieke, maatskaplike en ekonomiese regte ontneem. In 1942 word Mandela lid van die ANC en, saam met kamerade soos Walter Sisulu en Oliver Tambo en verskeie ondersteuners, stig hulle in 1944 die ANC Jeugliga.

Die Afrikaner-beheerde Nasionale Party verkry in 1948 politieke beheer en ontwikkel die apartheidsbeleid wat op rasse-segregasie gegrond is. Mandela is prominent in die ANC se versetaksie van 1952 asook die 1955-kongres waartydens die Vryheidshandves aangeneem word.

Uit die aard van die saak word die opstandelinge telik vervolg. Die regspraktyk Mandela & Tambo verleen egter goedkoop en selfs gratis regshulp aan swart beskuldigdes, wat andersins sonder enige regsverteenwoordiging hoegenaamd in die hof sou moes verskyn.

Aanvanklik is Mandela teen gewelddadige verset. Massa-aksie lei daartoe dat hy en 150 ander op 5 Desember 1956 in hegtenis geneem en van hoogverraad aangekla word. Die verhoor duur 5 jaar tot in 1961, maar al die beskuldigdes word vrygespreek.

In 1960 skiet die SA Polisie na oproeriges in Sharpeville en word die ANC en anti-apartheidsgroepe verbied. Ná hierdie gebeurtenis, wat as 'n slagting onder die oproeriges beskou word, besluit Mandela en sy volgelinge om hulle tot gewapende verset te wend.

[wysig] Arrestasie en gevangesetting

In 1961 is Mandela leier van die ANC se gewapende vleuel Umkhonto we Sizwe.

Op 5 Augustus 1962 word Mandela in hegtenis geneem, nadat hy vir 17 maande op vlug was en word te die Johannesburg Fort in gevangenis geplaas.

Op 25 Oktober 1962 is Mandela tot 5 jaar gevangesetting gevonnis en op 11 Junie 1964 word hy skuldig bevind en uitspraak gelewer betreffende sy voorafgaande betrokkenheid in die ANC.

[wysig] Presidentskap

  • President van die ANC (Julie 1991 - Desember 1997)
  • Staatspresident van die RSA (Mei 1994 - Junie 1999)

[wysig] Huwelike

Egskeiding ontbind sy eerste huwelik van 13 jaar met Evelyn Ntoko Mase in 1957. Sy tweede huwelik is met Winnie Madikizela, wat na 38 jaar eindig met egskeiding in Maart 1996. Die derde huwelik is op 18 Julie 1998 (Mandela se 80ste veraarsdag) met Graça Machel (weduwee van die voormalige Mosambiek president, Samora Machel).

[wysig] Sedert vrylating

Mandela word gereken as 'n ikoon in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Versoenend teenoor sy politieke vervolgers, nadat hy 27 jaar gevange gehou is te Robbeneiland, tree hy op as patriarg om wêreldwyd respek te ontlok vir sy leierskap. Sy aansien styg ook onder die wit Afrikaanse bevolking in Suid-Afrika, tradisioneel Nasionale Party-ondersteuners, wat hom in die apartheidsjare as "vyand" tipeer het.

Saam met F.W. de Klerk ontvang Mandela die Nobelprys vir vrede gedurende 1993.


[wysig] Aftrede

Ontluik as voorspraak vir 'n verskeidenheid menseregte-organisasies en bedrywighede gerig op maatskaplike werksaamhede.

Gedurende Mei 2004 tree hy op in die afvaardiging wat die RSA by FIFA verteenwoordig om die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 aan te bied. Die Suid-Afrikaanse afvaardiging is suksesvol en Mandela word in hierdie opsig beskou as 'n sleutelfiguur.

Mandela kondig op 1 Junie 2004 aan dat hy uit die openbare oog tree "om te gaan rus" -- hy benodig meer tyd om saam met sy familie deur te bring, privaat te wees en sy boek te voltooi. Ook wil hy nog meer leeswerk onderneem.

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com