Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Apartheid - Wikipedia

Apartheid

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Bord wat rassediskriminasie in die Apartheidsjare aangedui het
Vergroot
'n Bord wat rassediskriminasie in die Apartheidsjare aangedui het

Apartheid verwys na 'n politieke stelsel, ideologie, en beleide wat op rassediskriminasie gegrond is en tussen 1948 en 1994 as amptelike beleid in Suid-Afrika gegeld het. Die woord Apartheid dui op 'n toestand van apart, of afgesonder, te wees. Met die implementering van die Nuwe Benadering van mnr P.W. Botha in 1984 na afloop van die referendum in 1983, is 'n beleid van magsdeling daargestel waarmee tentatiewe stappe geneem is om ander groepe in die regering te betrek. Dit het egter steeds die swart meerderheid uitgesluit en is deur meeste mense in Suid-Afrika en in die buiteland verwerp. Onder apartheid is mense van verskillende rasse geskei en is swart mense stemreg binne die sogenaamde 'wit' Suid-Afrika ontsê. Implementering van die beleid veroorsaak oneindige leed aan miljoene Suid-Afrikaners deur die gedwonge verskuiwings, beperkings op beweging, indiensnemning en gewelddadige onderdrukking van die stryd teen apartheid. Vele ander wette en reëlings soos die groepsgebiedewet, ontugwet en die wet op aparte geriewe dra by tot die daaglikse vernedering van swart en gekleurde mense.

In 'n manifes van dr D F Malan (leier van die Nasionale Party 1948-1954) op die vooraand van die algemene verkiesing in daardie jaar, word die term "apartheid" vir die eerste keer gebruik om die beleid van die Nasionale Party aan te dui. Daarmee wou die Party die voortbestaan van die afsonderlike identiteit van elke ras in Suid-Afrika verseker. Blankes, Indiërs, Swart en Bruin Mense sou afsonderlik naas mekaar tot ontwikkeling gebring word. (1)

Die negatiewe element van hierdie beleid en die verloop daarvan is hoofsaaklik die diskriminasie teen sogenaamde nie-blankes. Dit het duidelik geword dat die politieke mag sedert 1948 die Europese (wit) groepe bevoordeel het, terwyl die ander groepe afgesonder is in terme van politieke deelname, en deelname in maatskaplike voordele en aan ekonomiese bedrywighede. Ten opsigte van die swart mense was die verklaarde beleid om die vernaamste etniese groepe te segregeer in hulle eie gebiede. Hulle moes daar as selfgenoegsame eenhede ontwikkel. Die gebiede was egter nie geskik vir die vorming van volwaardige state nie en finansiering deur die Apartheidsregering baie minder as wat nodig sou wees om die groot-Apartheid visie te realiseer.

Verskeie woordsamestellings het ontstaan om aanduidend te wees van stelsels wat die resultaat was van apartheid: apartheidsregering, met sy apartheidspolitiek en apartheidsbeleid; apartheidspolisie en apartheidsweermag. Die term dra in die algemeen 'n skeldende ondertoon, juis omdat die uitoefening van die apartheidsbeleid tot soveel onreg en lyding binne die onderdrukte groep gelei het.

In Engeland het simpatiseerders met die lot van die onderdrukte groepe in 1969 onder leiding van die anti-apartheidsaktivis Peter Hain, 'n bybetekenis geskep: "apart hate" is gebruik om aan te dui dat daar 'n element van haat geheers het om 'n onderdrukte groep in die Suid-Afrikaanse sosio-politieke bedeling te vestig. Hierdie ontwikkeling het die wêreld soos 'n veldbrand getref en die impak was uiters negatief vir die Suid-Afrikaanse regering, wat vertrou het op sagte terminologie, gebore uit 'n beleid van segregasie, om sy politieke ontwerp van swart tuislande en selfbeskikking in afgesonderde state te bevorder.

Die fokus op "apartheid" het wêreldwyd so 'n oorweldigende effek gehad, dat die term spoedig opgeneem is as leenwoord in ander tale, eerder as om nuutskeppings te maak.

Die apartheidtydvak kom finaal tot 'n einde met die eerste nie-rassige algemene verkiesing in Suid-Afrikaanse 1994 wat oortuigend deur die ANC gewen word. Die verkiesing word gevolg deur die inhuldiging van Nelson Mandela as Suid-Afrika se eerste swart president en die saamstel van 'n regering van nasionale eenheid waarin die leiers van die vernaamste opposisie partye die Nasionale Party en die IVP vise-presidentspos en ander kabinetposte beklee.

Inhoud

[wysig] Apartheidtydlyn

[wysig] Voorloop tot Apartheid

  • 1652 - Jan Van Riebeeck land te Kaap De Goede Hoop, rasgemengde huwelike geduld en gewettig onder die bewind van die VOC.
  • 1809 - Drie jaar na die tweede Britse bewindneming onder die beleid van goewerneur Caledon word paswette ingestel wat die Khoisan verbied om sonder geskrewe toestemming buite die areas te trek wat aan hul toegesê is.
  • 1828 - Die paswette wat die Khoisan raak word afgeskaf.
  • 1865 - Sir Theophilus Shepstone verklaar dat swart mense in Natal nie mag stem nie.
  • 1891 - Die Oranje-Vrystaat verbied mense van Asiatiese afkoms om in die republiek te woon[1]
  • 1894 - Cecil John Rhodes verhoed die kleurling Krom Hendriks om deel te neem aan 'n kriekettoer van die Kaapse span na Engeland.
  • 1902 - Die Verdrag van Vereniging merk die einde van die Anglo Boereoorlog.
  • 1903 - Alfred Milner inisieer SANAC (" South African Native Affairs Commission ")
  • 1905 - Die bevindinge van die SANAC kommissie word gepubliseer. Hedendaagse akademici herken die bloudruk van rasgebaseerde segregasie (1910-1948) sowel as Apartheid (tot 1990) daarin.
  • 1905 - Alfred Milner stel verpligte segregasie vir Kaapse skole in.
  • 1907 - Die Suid-Afrikaanse Wet (South African Act) wat deur die Britse regering ingestel is bepaal dat slegs persone van Europese herkoms tot parlement verkies mag word.
  • 1910 - Die Unie van Suid-Afrika kom tot stand.
  • 1913 - Die Natives Land Act van 1913 word ingestel wat privaat eienaarskap van eiendom aan swart mense verbied.

[wysig] Apartheid

  • 1948 - Die Nasionale Party kom aan bewind.
  • 1949 - Wet op Verbod van Gemengde Huwelike, Afsonderlike toue by poskantore vir blankes en nie-blankes.
  • 1950 - Bevolkingsregistrasie-, Groepsgebiede-, Onderdrukking van kommunisme en Immoraliteitswette ingestel.
  • 1951 - Wet op Afsonderlike verteenwoordiging van kiesers, Wet op Bantoe-owerhede
  • 1953 - Wet op Afsonderlike Geriewe ingestel.
  • 1954 - Die Tomlinson-kommissie lê die Tomlinson-verslag voor waarin aanbeveel word dat afsonderlike ontwikkeling as landsbeleid aanvaar word. Die verslag beveel aan dat meer as R200 miljoen in die volgende tien jaar moes belê word vir die ontwikkeling van Swart gebiede. Die Wet op die Hervestiging van Naturelle word aanvaar
  • 1955 - 25 Junie tot 26 Junie 2884 afgevaardigdes woon die Congress of the People in Kliptown by waar die Vryheidsmanifes (Engels:Freedom Charter) aangeneem word. Wet op die Ontwikkeling van Groepsgebiede word aanvaar
  • 1956 - Apartheid in die busdiens toegepas. Wet Naturelle- (Verbod op interdikte) Wet word aanvaar
  • 1959 - Wet op die Bantoebeleggingskorporasie
  • 1960 - 69 swart mense word doodgeskiet en 180 gewond tydens die Sharpeville-voorval
  • 1961 - Wet op gemeenskaplike Kleurling reservate, Wet op behoud van Kleurlinggebiede, Wet op Stedelike Bantoerade [2]
  • 1966 - Distrik Ses in Kaapstad word as blanke area verklaar. Ongeveer 150 000 mense word hervestig.
  • 1976 - Die 1976 Skoliereopstand word gewelddadig toe die polisie traangas en honde gebruik teen skoolkinders wat teen Afrikaans as voertaal in swartskole betoog. Talle kinders waaronder Hector Petersen, word deur die polisie doodgeskiet.
  • 1977 - Die Theron Kommissie bevind dat die Westminsterstelsel 'n hindernis is tot goeie regering in 'n multikulturele en plurale samelewing soos Suid-Afrika en maak grondwetlike aanbevelings
  • 1984 - Na die 'Ja' stem in 'n referendum onder wit kiesers word 'n nuwe grondwet en die drie-kamerparlement in plek gestel.
  • 1985 - Na onluste wat in September 1984 uitbreek nie onder beheer gebring kan word nie, word die Eerste noodtoestand in Julie 1985 afgekondig.
  • 1986 - In Junie word 'n nuwe noodtoestand afgekondig wat streng beperkings op die media plaas. Jong swart mense bekend as die comrades begin ander swart mense wat daarvan verdink word dat hulle met die apartheidregering saam werk of nie by die stryd daarteen wil aan sluit nie doodmaak.

[wysig] Einde van Apartheid

[wysig] Voetnotas

[wysig] Eksterne bronne

(1) Geskiedenis van Suid-Afrika: Van der Walt en Ander, Nasou Beperk, Tweede uitgawe

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com