Groenrugreier
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Groenrugreier | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||
|
||||||||||
Binomial naam | ||||||||||
Butorides striatus | ||||||||||
Verspreiding | ||||||||||
Die Groenrugreier is 'n algemene standvoël.
Inhoud |
[wysig] Identifikasie
Sy rugkant kom grysgroen voor en die vere het roomkleurige rande. Die kante van sy nek en sy flanke is grys en hy het 'n swart mus. As hy opvlieg, is sy geel pote opvallend. Jonges word aan hul donker rugkante en wit kolle op die gevoude vlerke uitgeken.
41 cm
[wysig] Habitat
Dit is 'n algemene klein reiertjie wat een-een by dig-beboste riviere, groot damme, panne en riviermondings of strandmere met wortelbome voorkom. Daglewend; jag al langs die oewer of van 'n lae tak of dooie boom wat in die water staan. Vlieg in 'n boom in as hy opgejaag word.
[wysig] Verspreiding
Kom voor in groot dele van die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Namibië en Botswana en oor die hele Mpumalanga Noord-Wes, Mpumalanga, Limpopo, Mosambiek en Zimbabwe.
[wysig] Geluid
[wysig] Ander name
Butorides striatus
Green-backed Heron
[wysig] Suid-Afrikaanse voëls
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Klassifikasie-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
- Wetenskaplike naam-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
[wysig] Bronne
Newman se Voëls van Suider-Afrika, ISBN 1868729826