Eva Braun
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Eva Braun (6 Februarie, 1912 - 30 April , 1945) is in München, Duitsland gebore. Sy het Adolf Hitler in 1930 ontmoet toe sy 'n assistent van Hitler se fotograaf was. Braun word deur historici beskou as 'n vrou met 'n beperkte intelligensie wat totaal aan Hitler toegewy was.
In 1936 is sy in sy huishouding opgeneem en het sy sy minnares geword. Hitler het later met haar getrou op 29 April, 1945 en hulle het die volgende dag saam selfmoord gepleeg in Hitler se laaste hoofkwartier, die Führerbunker, in Berlyn.