Kuifkopvisvanger
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kuifkopvisvanger | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Beeld:Malachite-Kingfisher.jpg | ||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||
|
||||||||||||||
Binomial naam | ||||||||||||||
Alcedo cristata |
Die Kuifkopvisvanger (Alcedo cristata) is 'n algemene standvoël wat wyd versprei is in Afrika suid van die Sahara.
Inhoud |
[wysig] Identifikasie
Dit is 'n klein visvanger, 13 tot 14 cm in lengte. Die kleur van die boonste gedeelte is 'n helder glansende blou. Die kop het 'n kort kuif soos 'n mussie bestaande uit swart en turkoois vere met 'n lang, reguit rooi bek. Jonges het swart snawels en is valer.
[wysig] Habitat
Kom een-een voor by stadigbewegende water van riviere en damme met oewerplantegroei, en en sit laag op riete, takkies of rotse vanwaar dit visvang.
[wysig] Verspreiding
Wyd verspreid in Afrika suid van die Sahara met uitsluiting van groot dele van die Noord-Kaap, Botswana en Namibië.
[wysig] Geluid
Uiter 'n skril "pieep-pieep" as dit opgejaag word. Die broeisang is "li-cha-cha-chui-chui".
[wysig] Ander name
- Engelse naam: Malachite Kingfisher
- Wetenskaplike naam: Alcedo cristata
[wysig] Suid-Afrikaanse voëls
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Klasifikasie-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
- Wetenskaplike naam-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
- Newman se Voëls van Suider-Afrika