Kraai
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die kraai (uit familie corvidae, die kraaiagtiges) is 'n groot, oorwegend blinkswart voël wat enigiets vreet; die grootste lid van die orde Passeriformes. Die geslagte lyk eners en jonges lyk soos volwassenes. Hulle roep hard en skor.
Kraaie kom op alle vastelande, grotendeels in die gematigde klimaatstreke (behalwe Suid-Amerika), voor en bestaan uit ongeveer 40 soorte. Die spesie het waarskynlik sy ontstaan gehad in Sentraal-Asië en het daarvandaan uitgebrei na Noord-Amerika, Mexiko, Afrika, Europa en Australië.
Kraaie, veral rawe, speel 'n belangrike rol in legendes of in die mitologie as voortekens of ongelukbringers, moontlik as gevolg van hulle swart veredos, hulle krasgeluide en hulle gewoonte om aas te vreet, as gevolg waarvan hulle vroeër gereeld op slagvelde te sien was.
Inhoud |
[wysig] Kraaie wat in Suid-Afrika voorkom:
- Corvus albus Witborskraai
- Corvus capensis Swartkraai
- Corvus albicollis Withalskraai
- Corvis splendens Huiskraai
[wysig] Kraaie wat in ander wêrelddele voorkom:
(Sien Nederlandse Wikipedia)
- Corvus albus Witborstraaf
- Corvus corax Raaf
- Corvus cornix Bonte kraai
- Corvus corone Zwarte kraai
- Corvis crassirostris Witnekraaf
- Corvus frugilegus Roek
- Corvus monedula Kauw
[wysig] Suid-Afrikaanse voëls
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Klasifikasie-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
- Wetenskaplike naam-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
[wysig] Verwysings
Newman se Voëls van Suider-Afrika