Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Mitologie - Wikipedia

Mitologie

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die woord mitologie (vanuit die Grieks μυϑολογία mythología, vanaf μυϑολογειν mythologein om mites oor te vertel, vanaf μυϑος mythos, 'n vertelling, en λογος logos, 'n gesprek) beteken letterlik om mites oor te vertel, bedoelende verhale wat 'n speisifieke kultuur glo waar is en wat bonatuurlike karakters of gebeurtenisse gebruik om die aard van die wêreld en die mensdom voor te stel. Die moderne gebruik van "mitologie" verwys óf na die mites van 'n spesifieke kultuur (soos in Griekse mitologie, Noorse mitologie of Zulu mitologie) óf die studieveld handelend oor die versamel, studie en uitlê van mites.

In die volksmond beteken mite ook valsheid - iets wat sommige glo maar nie waar is nie - maar in die veld van mitologie word so 'n definisie nie gebruik nie.

[wysig] Definisie

In die algemeen in mites verhale wat tradisioneel gebruik word as verduidelikings van die begin van die wêreld, natuurverskynsels, enigiets anders wat moeilik verklaarbaar is. Maar nie alle mites voldoen aan 'n verduidelikende rol nie, bv. 'n ander algemene doel is om die waardestelsel van 'n kultuur oor te dra. Mites is per definisie heilig en toon gewoonlik nonatuurlike of godelike magte. Daar is gewoonlik 'n mengeling tussen mitologie en legendes - verhale om heldefigure en geskiedkundige gebeurtenisse - afhangende van die hoeveelheid bonatuurlike inhoud.

In volksverhale, wat handel oor beide sekulêre en heilige verhale, verkry mites 'n gedeelte van hul invloed deur die feit dat daar in hulle geglo word. In die studie van volksverhale word daar erken dat alle heilige tradisies mites bevat, 'n erkenning waardeur geen skending plaasvind nie anders as wat sou gebeur in die algemene verstaning van wat 'n mite is.

Hierdie breë waarheid loop 'n dieper koers as die aankoms van kritiese geskiedenis wat moontlik bestaan as 'n gesaghebbende geskrewe vorm wat "die storie" word (voorgeletterde tradisies kan verdwyn as die geskrewe weergawe "die storie" word en die letterkunde "die gesag"). Maar, soos Lucien Lévy-Bruhl dit hou: "Die primitiewe gesteldheid is 'n geestestoestand, en nie 'n fase in sy historiese ontwikkeling nie." (Mâche 1992, bl.8)

Geweenlik verwys die term 'mite' spesifiek na die antieke verhale van baie ou kulture, soos in Griekse mitologie. Party mites het oorspronklik ontstaan in 'n gesproke tradisie voordat dit neergelê is in skrif, en baie bestaan in verskeie weergawes.

Volgens die agtste hoofstuk van F. W. J. Schelling se Inleiding tot Filosofie en Mitologie: "Mitologiese voorstellings is nie uitgevonde nog algemeen aanvaar nie. Hul is die produkte van 'n proses onafhanklik van beide denke en wil, hulle was, vir die bewustelikheid wat hulle ondergaan het, 'n onbestrybare realiteit. Volke en individûe is alleenlik instrumente van dié proses, wat verby hul horison gaan en wat hulle dien sonder hul verstand."

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com