Gewone Blousysie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Gewone Blousysie | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||
|
||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||
Uraeginthus angolensis | ||||||||||
Verspreiding | ||||||||||
Opvallende klein (lengte 12-13cm) voëltjie wat tydens die broeiseisoen in pare beweeg, andersins in groterige swerms (40 of selfs meer individue). Wei meestal op die grond maar kan ook insekte tydens vlug vang.
Inhoud |
[wysig] Identifikasie
Muisgrys bodele en kop, met kenmerkende poeierblou onderdele en laer deel van gesig. Bekkie wissel tussen pienk en ligblou, bene en pote ligbruin.
[wysig] Habitat
Oop bosveld, rivieroewerbos, langs landerye. Soms op kant van immergroen woud.
[wysig] Verspreiding
Vanaf Angola, noordelike dele van Namibië en Botswana, Zimbabwe, Limpopo provinsie, Swaziland en Kwazulu Natal.
[wysig] Geluid
Dringende sweep sweep, vinnig opvolgend.
[wysig] Ander name
- Engelse naam: Blue Waxbill
- Tswana: Xidzingirhi
- Duits: Angola-Schmetterlingsfink
- Wetenskaplike naam: Uraeginthus angolensis
[wysig] Suid-Afrikaanse voëls
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Klasifikasie-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
- Wetenskaplike naam-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
[wysig] Bronne
- Roberts' Birds of Southern Africa, Sixth Edition, ISBN 0620175834