FSB
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die FSB (voormalige KGB) is die binnelandse intelligensiediens van Rusland. FSB staan vir Federale Sekuriteitsdiens van die Russiese Federasie (Федеральная служба безопасности Российской Федерации: Federal'naja Sloezjba Bezopasnosti Rossijskoi Federatsii). Die FSB oefen steeds 'n betekenisvolle invloed op die vinnig groeiende ekonomie van die Russiese Federasie uit, en 'n groot aantal hoof uitvoerende beamptes van belangrike Russiese ondernemings is voormalige lede en medewerkers van die FSB.
[wysig] Struktuur
Die FSB is in vyf departemente ingedeel:
- Intelligensie departement
- Anti-terrorisme departement
- Strategiese beplanning departement
- Menslikehulpbronne departement
- Operasionele departement
[wysig] Voormalige hoofde
- Viktor Pavlovitsj Barannikov 1992 - 1993
- Nikolai Michailovitsj Goloesjko 1993 - 1994
- Sergei Vadimovitsj Stepasjin 1994 1998- 1995
- Michail Ivanovitsj Barsoekov 1995 - 1996
- Nikolai Dmitrievitsj Kovalev 1996 - 1998
- Vladimir Poetin 1998 - 1999
- Nikolai Platonovitsj Patroesjev sedert 1999