Fluiteend
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Fluiteend | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||
|
||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||
Dendrocygna bicolor | ||||||||||||||
Verspreiding | ||||||||||||||
Die Fluiteend is 'n algemene standvoël in Suidelike Afrika.
Inhoud |
[wysig] Identifikasie
43-53cm. Hierdie spesie het 'n lang grys snawel, lang kop en langerige bene, met 'n goud-bruin kop en kroon. Die rug en vlerke is donker bruin tot swart, en aan die onderkant swart hoewel die flanke prominente wit lyne vertoon. Die nek kleur is groud-bruin met donker lyne in die middel van die nek. Jong voëls se stert kleure is minder kontrasterend as die van volwassenes.
[wysig] Habitat
Die habitat is varswater mere, damme en reservoirs, met baie plante, waar die eende snags sade en ander plant-materiaal eet.
[wysig] Verspreiding
Die Fluiteend kom voor in die ooste en noorde van Suidelike-Afrika. Hulle broei in Afrika suid van die Sahara, die tropiese gebiede van sentraal- en Suid-Amerika, Indië en die VSA se golf-kus. Die fluiteend kom ook wydverspreid voor in die tropiese dele van Afrika, waar reuse-troppe van die voëls in die uitgestrekte vloedvlaktes aangetref word.
[wysig] Geluid
'n Sagte maar duidelike kee-wee-ooo fluit
[wysig] Ander name
- Nederlandse naam: Fluiteend
- Engelse naam: Fulvous Duck / Fulvous Whistling Duck
- Wetenskaplike naam: Dendrocygna bicolor
[wysig] Sien ook
[wysig] Suid-Afrikaanse voëls
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Klasifikasie-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
- Wetenskaplike naam-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
- Newman se Voëls van Suider-Afrika