Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Christophorus Columbus - Wikipedia

Christophorus Columbus

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Christophorus Columbus
Vergroot
Christophorus Columbus

Christophorus Columbus (1451 - 20 Mei 1506) was 'n ontdekkingsreisiger en handelaar wat in 1492 oor die Atlantiese Oseaan gevaar het en die Amerikas bereik het. Met die hulp van Spanje het hy vier reise onderneem op soek na 'n nuwe seeroete na Indië.

Vroeër, onder die Pax Mongolica (Mongoolse vrede), was veilige deurgang vanaf Christelike Europa regdeur tot in Sjina moontlik. Dit het egter verander toe die Ottomaanse Turke die Mongoolse Ryk verslaan het en tot Islam bekeer het. In breë konteks het Columbus se verhaal nie soseer met 'n individu te doen nie, maar met hoe die Europeërs see toe gedwing is om die gewilde sy en speserye van die ooste weer te bekom. Portugal was op soek na 'n manier rondom Afrika, maar Columbus het 'n ander plan gehad.

Columbus was nie die eerste persoon om die Amerikas te bereik nie - hy het dit bevolk gevind. Hy was ook nie die eerste Europeër om die kontinent te bereik nie - die Wikings het Noord-Amerika al in die 11de eeu besoek. Hulle het egter gedink dat hulle bloot nog 'n eiland gevind het, en niks het gekom van hulle ontmoeting met die inwoners nie. Die landing van Columbus het egter gelei tot die botsing van mense van Amerika, Europa en Afrika en die erfenis van globalisering.

Soos vooraf afgespreek met die Spaanse monarge, het Columbus goewerneurskap van die nuwe gebiede verklaar. Alhoewel party hom gesien het as 'n uitstekende navigator, het baie van sy tydgenote hom gesien as 'n swak administrateur en hy is in 1500 van sy goewerneurspos onthef.

Columbus bly steeds 'n kontroversiële persoon. Party, soos die Amerikaanse inboorlinge, sien hom as verantwoordelik, direk en indirek, vir die dood van tiene tot honderde duisende inboorlinge, uitbuiting van die Amerikas deur Europa en slawerny in die Wes-Indiese eilande. Ander vereer hom vir die massiewe hupstoot wat sy loopbaan aan Westerse ontwikkeling en kultuur gegee het. As Columbus dit nie gedoen het nie, sou iemand anders egter een of ander tyd wel die Amerikas ontdek het. Columbus het dit egter eerste gedoen.

[wysig] Vroeëre lewe

Daar is nie konsensus oor sy herkoms nie en amper niks is bekend van sy lewe voor 1476 nie. Hy het egter self gesê dat hy van Genua, Italië, gekom het en hieroor blyk daar min twyfel te wees. In Spaans is sy naam Christóbal Colón, en in Italiaans Cristoforo Colombo. Columbus is die Latynse vorm van sy van.

[wysig] Verwysings

  • Jack Forbes, Columbus and Other Cannibals, Autonomedia, 1992.
  • Samuel Eliot Morison, Admiral of the Ocean Sea: A Life of Christopher Columbus, Little, Brown and Company, 1991, trade paperback, 680 bladsye, ISBN 0316584789 (9 ander uitgawes beskikbaar in harde- en sagteband). 'n Biografie wat simpatiek is tenoor Columbus, maar nie blind vir die geweld deur Columbus en sy bemanning nie.
  • Brian Fagan: Clash of the Cultures, AltaMira Press 1997. Bied 'n minder gunstige blik.
  • Felipe Fernandez-Armesto: Columbus, Oxford University Press 1991. Wetenskaplike werk, versigtig om alle stellings te staaf met bronne.
  • Sherburn Cook en Woodrow Borah: Essays in Population History Volume I, University of California Press, 1971
  • John Noble Wilford and Ashbel Green, The mysterious history of Columbus: an exploration of the man, the myth, the legacy, Knopf, 1991, hardeband: ISBN 0679404767, sagteband: ISBN 0679738320.
  • J.M. Cohen: The Four Voyages of Christopher Columbus: Being His Own Log-Book, Letters and Dispatches With Connecting Narrative Drawn from the Life of the Admiral by His Son Hernando Colon and Others, Penguin Classics, 1992.
  • James Loewen. Lies My Teacher Told Me: Everything Your American History Textbook Got Wrong. New Press, 1995.

[wysig] Eksterne skakels

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com