Proton
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
- Vir ander betekenisse sien proton (dubbelsinnigheid).
Die proton is 'n subatomiese partikel met 'n positiewe elektriese lading en 'n massa van 1 op die skaal van atoommassas; omtrent 1836 keer die massa van 'n elektron.
Die kern van die waterstofatoom se mees algemene isotope is 'n enkele proton. Die kerns van ander atome bestaan uit protone en neutrone wat deur die sterk kernkrag gebind word. Die aantal protone in die kern bepaal die chemiese eienskappe van 'n atoom asook watter chemiese element dit is.