High-Definition Multimedia Interface
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die High-Definition Multimedia Interface (HDMI) is 'n nuut ontwikkelde koppelvlak vir moderne, digitale multimedia-toepassings, wat baie groot oordragsnelhede benodig, soos HDTV, HD-DVD en ruimteklankformate met hoë resolusie. Na die implementering van 'n kopieerbeskerming (High-bandwidth Digital Content Protection, HDCP) word die HDMI-koppelvlak as die nuwe standaard vir elektroniese oudio- en video-verbruikersware aangebied. Dit kan beeld en geluid gelyktydig verwerk en sal mettertyd ouer standaarde soos die SCART-, RCA-Cinch- en YUV-koppelvlakke vervang. Plasma- en LCD-vertooneenhede en televisies, DVD-spelers en meerkanaal-versterkers met HDMI-koppelvlakke is reeds beskikbaar.
Inhoud |
[wysig] Aanpasbaarheid
Danksy die hoë bandwydte kan die HDMI-koppelvlak alle huidige digitale formate verwerk. Oudio-frekwensies van 192 kHz en 24 bis woordlengte, soos dié van die DVD-Oudio en HD-DVD, kan met HDMI op tot by agt kanale digitaal verwerk word, net soos hoëresolusie-video-gegewens van die HD-DVD en HDTV. HDMI handhaaf 'n video-bandwydte van maksimaal 165 MHz en is ook geskik vir die hoogste resolusie van 1080 beeldlyne met progressiewe verwerking.
[wysig] Oordragsnelheid
Die maksimale oordragsnelheid van HDMI is 5 Gigagrepe per sekonde, 'n spoed wat selfs ingewikkelde beeldgegewens met snelle bewegings sonder artefakte kan afbeeld.
[wysig] Oudioformate wat met HDMI verwerk kan word
[wysig] Oudiokanale
- Vier keer stereo
- Vier keer dts 6.1
- 7.1 PCM
[wysig] Monsterfrekwensies
- 32 kHz
- 44.1 kHz, 88.2 kHz, 176.4 kHz
- 48 kHz, 96 kHz, 192 kHz
[wysig] Standaarde
- IEC-60958-geïdentifiseerde oudio: PCM, Dolby Digital, Dolby Digital EX, dts, dts ES, dts-discrete, dts 96/24, dts NEO
- DVD-Oudio met kopieerbeskerming
- Super Audio CD
[wysig] Televisie en DVD: Resolusies en beeldsnelhede
Die gewone HDMI-koppelstuk tipe A is geskik vir
- 640 x 480p @ 59.94/60 Hz (VGA)
- 1280 x 720p @ 59.94 Hz (HDTV in die VSA)
- 1920 x 1080i @ 59.94/60 Hz (HDTV in die VSA)
- 720 x 480p @ 59.94/60 Hz (DVD-Video, NTSC, progressiewe verwerking)
- 720 (1440) x 480i @ 59.94/60 Hz (DVD-Video, NTSC)
- 1280 x 720p @ 50 Hz (HDTV in Europa)
- 1920 x 1080i @ 50 Hz (HDTV in Europa)
- 720 x 576p @ 50 Hz (DVD-Video, PAL, progressiewe verwerking)
- 720 (1440) x 576i @ 50 Hz (DVD-Video, PAL)
Daar is 'n aantal opsionele resolusies en beeldsnelhede, onder meer 1920 x 1080p @ 23.98/24 Hz vir hoëresolusie-rolprente.