Venda (taal)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die taal Venda (Tshivenda in Venda) is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur ongeveer 876 409 mense as moedertaal gepraat (1996-sensus). Dit word ook deur ongeveer 84 000 in Zimbabwe gepraat. Dit vorm deel van die Bantoetaalfamilie.
Dialekte sluit Phani en Tavha-tsindi in.