Testosteroon
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Testosteroon is vir mans 'n noodsaaklike geslagshormoon en in beide mans en vrouens speel dit 'n belangrike gesondheidsrol. Dit is een van die steroïdehormone.
Dit word in mans hoofsaaklik deur die teelbal geproduseer en speel 'n groot rol gedurende puberteit - die die tyd van ontwikkeling van 'n man se geslagseienskappe - en in die onderhoud van geslagseienskappe. In vrouens word dit op kleiner skaal hoofsaaklik deur die eierstok geproduseer. Soos mans ouer word produseer hulle effens minder testosteroon maar die hoeveelheid wat 'n normale man produseer het 'n baie wye bestek.
Dit beïnvloed mens se geslagsdrif, energie, immuunfunksies en speel 'n rol in beskerming teen osteoporose. Soos met ander steroïdes onstpruit dit uit cholesterol.