Semen
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Semen is 'n taai, witterige uitskeiding van die manlike geslagsorgane. Dit bevat spermatozoa en bestaan uit die afskeidings van die testes, seminale buisies, prostaatklier, en die bulbourethrale kliere. Dit word ook seminale vloeistof genoem.
Die woord semen kom na Afrikaans van Middel-Engels wat dit weer vanaf Latyn erf, met die betekenis van saad.
Die semen van 'n individu wat geen siektes bevat nie, is skadeloos as dit met die vel in kontak kom of ingesluk word. Semen kan wel die oorgang van seksueel oordraagbare siektes veroorsaak, wat MIV (die virus wat VIGS veroorsaak) insluit.