Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Yslands - Wikipedia

Yslands

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Yslands is 'n Noord-Germaanse of Skandinawiese taal met ongeveer 300 000 sprekers. Dit is die amptelike taal van Ysland.

Yslands behoort saam met Faroëes tot die westelike of eiland-Skandinawiese tale. Dit is nie sonder meer te verstane vir sprekers van die Skandinawiese tale van die vasteland: Noors, Sweeds en Deens nie.

Yslands word gesskryf met die Latynse alfabet, waartoe verskillende tekens toegevoeg is: Á/á, É/é, Í/í, Ó/ó, Ú/ú, Ý/ý, Ð/ð (edh), Þ/þ (thorn), Ö/ö en Æ/æ. Die letters c, q, w en z word nie gebruik nie.

Die spesiale letter thorn (þ) gee die klank weer wat mens ook teekom as die th in die Engelse think, en edh (ð) is die stemhebbende variant daarvan (soos die th in die Engelse that).

Ysland word tussen 800 en 1000 bevolk vanuit Wes-Noorweë. Yslands is dus eintlik Oudnoors. In Noorweë het daar soos in die res van die Germaanse taalgebied, in die eeue daarna allerlei taalveranderings plaas gevind, maar op die afgeleë Ysland gebeur dit nie en bly die woordeskat en die verbuigingstelsel grootliks onveranderd. Die uitspraak het wel erg verander. Yslands besit 'n aantal foneme wat selde in ander Europese tale, voorkom, byvoorbeeld stemlose l, n, m en r.

In Yslands is die ou Skandinawiese verbuigingstelsel dus nog heeltemaal ongeskonde. Alle selfstandige naamwoorde, byvoeglike naamwoorde, lidwoorde, aanwysende voornaamwoorde, besittelike voornaamwoorde en eiename word verbuig in vier naamvalle, wat vir al drie woordgegeslagte aparte vorme ken.

Ter illustrasie volg hier die verbuiging van die onreëlmatige manlike woord fjörður, 'fjord'.

enkelvoud meervoud
nominatief fjörður firðir
genitief fjarðar firði
datief firði fjörðum
akkusatief fjörð fjarða

Die bepaalde lidwoord word net soos in die ander Skandinawiese tale agteraan die selfstandige naamwoord geplak (aangehegte lidwoord), waardeur mens vorms kan kry soos fjarðarins 'van die fjord', fjörðunum 'aan die fjorden'.

'n Opvallend kenmerk van Yslands is die sterk purisme, wat 'n groot invloed op die ontwikkeling van die taal gehad het. Waar baie die ander Germaanse tale soos Engels en Nederlands oorspoel is met leenwoorde uit Frans en Latyn, en die vasteland-Skandinawiese tale bowendien met leenwoorden uit die Nederduitse tale, het mense in Ysland steeds probeer om vir die benaming van nuwe begrippe uit die bron van erfwoorde te put. Yslands is 'n ryk taal, vanwee die vele eeue sageliteratuur. Daardeur kan mens dikwels vergete woorde uit die verlede neem om nuwe begrippe aan te dui. So word 'telefoon' sími, na 'n ou woord vir 'draad', en 'skerm' (televisieskerm, rekenaarskerm) skjar, na 'n ou woord vir 'venster'. 'n Uiterste vorm van taalsuiwering is terug te vind in die Hoogyslands.

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Yslands
Vir woordeboekinligting, sien die bladsy Yslands op WikiWoordeboek


Indo-Europese tale > Germaanse tale >
Noord-Germaanse tale: Wes-Germaanse tale: Oos-Germaanse tale:
Deens | Faroëes | Nynorsk en Bokmål (Noors) | Yslands | Sweeds Afrikaans | Duits | Engels | Fries | Jiddisj | Luxemburgs | Nederlands | Nedersaksies | Skots Boergondies | Goties | Vandaals
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com