Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Nedersaksies - Wikipedia

Nedersaksies

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Nedersaksies is 'n groep nie-gestandaardiseerde Wes-Germaanse Nederduitse variëteite. Dié word vernaamlik in die noordelike deel van Duitsland gepraat, en in die noordelike en oostelike deel van Nederland (die provinsies Groningen, Drenthe, Overijssel, die Gelderse geweste Veluwe en Achterhoek, en die Stellingwerven in die suide van Friesland).

Nederland en Duitsland erken Nedersaksies amptelik as streektaal en gee beperkte steun daaraan toe, soos geformuleer in hoofdstuk 2 van die Europese handves vir streek en minderheidstale. Die taalkode (ISO 639-2) van Nedersaksies is nds.

Inhoud

[wysig] Die begrip

Taalgebied
Vergroot
Taalgebied

Die begrip 'Nedersaksies' word tot in die jaren '90 van die 20ste eeu slegs deur historiese taalkundiges gebruik. Sprekers van die Nedersaksiese variëteite verwys na hulle dialek met die naam van 'n plek of streek (Achterhoeks, Drents, Veluws, Elspeets ens.), of met die aanduiding Plat (ook Plat, Platduits). Onder invloed van diverse streektaalbeweginge het die politiek die begrip oorgeneem en uiteindelik as streektaal erken. 'n Eenvormige kultuurtaal is dit nog lank nie, deels omdat elke poging van standardisering (spelling en woordeskat) as onaaanvaarbaar vir die groot variëteit van vernaamlik gesproke dialekte beskou word.

[wysig] Dialekte

Vanwee die groot verspreiding van Nedersaksies (in die oudtyd van Köningsberg - Kalingrad - tot Spakenburg) het daar verskillende dialekvariante ontstaan, wat rofweg in drie hoofgroepe gekategoriseer kan word: die oostelike groep (Oos-Duitsland), die noordelike groep (Sleeswyk-Holstein, Nedersaksen, Groningen, Drenthe, Stellingwerf, Kop van Overijssel) en die suidwestelike groep (Westfalen, Twente, Salland, Gelderland). In die Liemers word 'n Nederfrankiese dialek gepraat met Nedersaksiese invloede; in die Gelderse Vallei word 'n Hollands-Nedersaksies oorgangsdialek gepraat. Tot die oostelike groep behoort ook Plautdietsch, wat nog op geïsoleerde plekke in Oekraïne, Kanada en in die VSA gepraat word.

In die Middeleeue was Oud-Nedersaksies 'n baie prominente taal, wat onder meer gedien het as amptelike voertaal van die Hanze, maar in die hoedanigheid later deur Hoogduits verdring is.

[wysig] Enkele eienskappe

(Nota: hierdie kenmerke is opgeskryf deur 'n moedertaalspreker van Salland met Oost-Veluwse en Drentse wortels. Alles wat genoemd word is derhalve Nedersaksies, maar hoef nie vir alle dialekte te geld nie (of selfs 'n weergawe van "suiver" Sallands te wees nie.)

[wysig] Klank

  • Behoud van die /l/ in -ol(d/t)- groepe waar Nederlands diftongeer na ou (old = oud, kold = koud, holt = hout, sien ook plekname soos Holten, Oldenzaal en Steenwijkerwold)
  • Die in die Middeleeue ook in Nederlands nog aanwesige /i/ is nog nie verbreed na ij nie (kykn = kijken)
  • 'n -n of -ng aan die einde van 'n lettergreep word genasaliseer, net soos in Frans. Dit strek ook tot gevalle soos 'jaagn' (jagen), wat as /ja:əng(n)/ uitgespreek word
  • Intervokaliese z, g, v val weg met verlenging van de voorgaande klinker (wezen → /wên/, wagen → /wa:əng/, Deventer → /Dêmter/). Merk op dat die verdwene medeklinker wel invloed uitgeoefen het op die medeklinker wat volg: die -n van 'wagen' word deur die -g- 'n /ng/, die -n- van 'Deventer' word deur die -v- 'n /m/.
  • Nederlandse en Afrikaanse 'er' → Nedersaksies 'ar' (barg = berg, karke = kerk); Nederlands en Afrikaanse 'ui' → Nedersaksiese 'uu' of 'oe' → (boek = buik, roete = ruit, uut = uit)
  • 'n -r- aan die einde van 'n woord of voor 'n -t- verloor sy stem en word tot 'n soort -h-, net soos in (Brits) Engels (sport /spoht/, doar /do:əh/)

[wysig] Grammatika

[wysig] Naamwoord

  • Vroulike selfstandige naamwoorde, veral die met 'n eenlettergrepige stam, behou in die enkelvoud 'n uitgang op -e (karke [v] vs. barg [m])
  • Selfstandige naamwoorde met 'n o, oo of oe in die stam kry 'n umlaut in die verkleinwoord (hoed → huudtien, hond → höndtien, book → buukien, bok → bökkien)
  • Stoffelike byvoeglike naamwoorde kry 'n umlaut (holt → höltn = hout, houten)

[wysig] Voornaamwoorde

  • Voorwerpvorm van die persoonlike voornaamwoord word gereeld gebruik i.p.v. die nederlande 'zich' of Arikaanse '-self' (hee wast 'm = hij wast zich = hy was homself)
  • Net soos in Oud-Saksies en Oud-Engels word in sommige streke 'hee' vir sowel 'hy' as 'sy' (enkelevoud) gebruik. Dit kan soms tot twyfelgevalle lei: wie was wie in 'hee wast 'm'? Hy homself? Sy hom?

[wysig] Werkwoorde

  • Die onvoltooide teenwoordige tyd van die reelmatige werkwoord gaan in die suidelike Nederlandse dialekte uit op -t in alle persone behalwe die eerste enkelvoud: ik warke, ie warkt, hee warkt; wy warkt, ule warkt, zy warkt (ik werk etc.). In die noordelike is dit in die genoemde gevalle altyd -n
  • Die infinitief het altyd die uitgang -n (kykn = kijken = om te kyk), wat onder die invloed van die laatste medeklinker van die stam van die werkwoord uitgespreek kan word as /m/ na 'n labiaal (loopn) of /ng/ na 'n gutturaal (jaegn)
  • Die derde persoon enkelvoud o.t.t. van 'n sterk werkwoord kry geen -t uitgang, maar word gevorm deur die stamklinker te verkort (kykn → hee kik = hij kijkt = hy kyk)

[wysig] Nederlandse variante van Nedersaksies

  • Achterhoeks
  • Drents
  • Gronings
  • Noord-Veluws
  • Oost-Veluws
  • Sallands
  • Stellingwerfs
  • Twents
  • Veenkoloniaals
  • Westerwolds

[wysig] Taalvoorbeelde

[wysig] Gebed: Onse Vader

(plattdüütsch, Nedersaksen/Sleeswijk-Holstein)

Unse Vader in' Himmel! 
Laat hilligt warrn dienen Namen. 
Laat kamen dien Riek. 
Laat warrn dienen Willen so as in'n Himmel, 
so ok op de Eerd. 
Uns' dääglich Brood giff uns vundaag. 
Un vergiff uns unse Schuld, 
as wi di vergeben hebbt, 
de an uns schüllig sünd. 
Un laat uns nich versöcht warrn. 
Mak uns frie vun dat Böse.

[wysig] Gebed: Onse Vader

(Nedersaksisch, Veluwe)

Unse Vort dy in de hemel is
Uyw naam woerdt eheyligd.
Uyw koeninkryk kumt.
Uyw wül geschyd up eerde,
soas in de hemel.
Gev uns uns daagliks brood.
en vergev uns unse schülden,
soas ok wy unse schüldenaren vergeven;
En leyd uns ny in versöyking.
Mer verlos uns van et böse.
Want van Uy is et koeninkryk,
de kracht en de heerlikheyd,
tot in de eeuwigheyd.
Amen.

[wysig] Lied: Ain boer wol noar zien noaber tou

(lied; elke twee reels word 1 keer herhaal - Gronings)

Ain boer wol noar zien noaber tou
Hai, boer, hai!
Zien wief dai wol met hom goan
Dom, dom, dom, dai!

Nee, wief, doe most toeze bliev'n
Hai, boer, hai!
Most spinn'n en naai'n van
Dom, dom, dom, dai!

Dou boer weer in hoeze kwam
Hai, boer, hai!
Zee'e: Wief, wat hestoe wel doan
Dom, dom, dom, dai!

Moar 't wief kreeg tou bèrfestok
Hai, boer, hai!
En sloug hom dou op zien kop
Dom, dom, dom, dai!

En boer gong noar zien noaber kloag'n
Hai, boer, hai!
Mien wief het mie op kop sloag'n
Dom, dom, dom, dai!

En noaber zee: Net ziezo,
Hai, boer, hai!
Mien wief dai dut krek ziezo
Dom, dom, dom, dai!

[wysig] Ekterne skakels

Sjabloon:InterWiki


Indo-Europese tale > Germaanse tale >
Noord-Germaanse tale: Wes-Germaanse tale: Oos-Germaanse tale:
Deens | Faroëes | Nynorsk en Bokmål (Noors) | Yslands | Sweeds Afrikaans | Duits | Engels | Fries | Jiddisj | Luxemburgs | Nederlands | Nedersaksies | Skots Boergondies | Goties | Vandaals
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com