Jan van Riebeeck
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Johan Anthonisz "Jan" van Riebeeck (Culemborg, 21 April 1619 – Batavia, 18 Januarie 1677), was die stigter van die eerste kolonie in Suid-Afrika onder opdrag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC). Sy stigting by die Kaap die Goeie Hoop groei tot die Kaapkolonie, en uiteindlik die Republiek van Suid-Afrika.
Van Riebeeck word groot in Schiedam as die seun van 'n dokter, en trou daar met Maria de la Quellerie op 28 Maart 1649. Sy sterf in Malacca op 11 Februarie 1665.
Van Riebeeck vul al vanaf 1639 'n aantal poste by die VOC: eerste vertoef hy in Batavia as dokters-assistent, waarna hy Japan besoek. Sy belangrikste pos was as hoof van die handelspos in Tonkin, Viëtnam, maar hy word teruggeroep nadat dit aan die lig kom dat hy homself aan private handel skuldig gemaak het. In 1651 word hy uitgestuur om 'n verversingstasie in te rig by die Kaap die Goeie Hoop aan die suidpunt van Afrika.
Op 6 April 1652 land Van Riebeeck in Tafelbaai, plant die vlag van die VOC en stig Fort Duijnhoop, die eerste Nederlandse nedersetting aan die Kaap. Van Riebeeck en sy 90 koloniste (onder wie 8 vroue is) lê tuine aan om vrugte en groente te verbou om die VOC-skepe wat by die kolonie aandoen mee te kan voorsien. Vleis word verkry deur middel van ruilhandel met die plaaslike Khoikhoi-stamme, wie deur die Nederlanders Hottentotten genoem word.
Van Riebeeck bly die leier van die kolonie tot 1662.
Sy geboortehuis in Culemborg is tans 'n eiendomsagentskap.
[wysig] Bronnelys
- The Afrikaners, biography of a people - Hermann Giliomee
Kategorieë: Mense | VOC