Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions Francisco de Almeida - Wikipedia

Francisco de Almeida

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Karak, waarvan Almeida 14 op sy sending na die ooste gebruik het
Vergroot
'n Karak, waarvan Almeida 14 op sy sending na die ooste gebruik het

Francisco de Almeida (gebore c.1450 in Lissabon; oorlede 1 Maart, 1510 aan die Kaap de Goede Hoop), was 'n Portugese edelman, soldaat en ontdekkingsreisiger. Hy het homself onderskei as 'n raadgewer aan Koning Jan II van Portugal en later in die oorloë teen die More, asook in die verowering van Granada in 1492. In 1503 word hy aangestel as eerste goewerneur en onderkoning oor die portugese Staat van Indië (Estado da Índia).

Inhoud

[wysig] Loopbaan as soldaat

Soos gebruiklik onder mans van sy sosiale sirkel, het Almeida op jong ouderdom by die weermag aangesluit. In 1476 neem hy deel aan die Veldslag van Toro. Daarna veg hy in konflikte in verskillende dele van Marokko en in 1492 neem hy deel aan die Christen verowering van Granada aan die kant van die Kastiliane.

[wysig] Sending na die ooste

In 1503 stel Koning Manuel I van Portugal vir de Almeida, toe in sy mid-50's, aan as die eerste onderkoning van Portugese Indië (Estado da Índia). Met 'n armada van 22 skepe, insluitend 14 karake en 6 karavels, vertrek Almeida uit Lissabon op 25 Maart 1505. Die armada beskik oor 'n bemanning van 1,000 asook 1,500 soldate. Die vlagskip was die karak São Rafael wat deur Fernão Suarez aangevoer is. Die sending se hoofdoelwitte was om die speseryhandel onder portugese beheer tebring, om forte langs die oos-Afrikaanse en Indiese kuslyne op te rig, om portugese speseryhandel deur middel van alliansies met plaaslike stamhoofde te versterk, asook om handelsposte te stig.

[wysig] Onderwerping van die Afrika kuslyn

De Almeida het om die Kaap de Goede Hoop gevaar en weer kuswaters binnegevaar by Sofala en die Eiland van Mosambiek, vanwaar hulle hul tog noordwaarts voorgesit het na die kusdorpie Kilwa. In Julie 1505 wend hulle 8 skepe aan om die ongeveer 4,000 sterk bevolking van hierdie hawedorp te verslaan. Weens die goeie hawe wat hierdie dorp gebied het, voldoende om skepe van tot 500t te anker, het die Portugese besluit om 'n fort hier te bou. Vir hierdie doel word Pêro Ferreira en 'n bemanning van 80 soldate in die dorp agtergelaat.

In Augustus 1505 arriveer die Portuguese te Mombasa, 'n kusstad verder noord aan die Afrika kuslyn. Die stad met 'n bevolking van ongeveer 10,000 word verslaan na hewige skermutselings teen die troepe van die plaaslike Arabiese sjeik. Die stad word daarna geplunder en afgebrand. Die Portugese is in hierdie aanval bygestaan deur 'n vyand van Mombassa, die Sultan van Melinde. Dieselde maand slaag 'n karavel van Almeida se vloot, aangevoer deur Jan (Jão) Homere daarin om Zanzibar eiland te verower annekseer dit vir Portugal.

[wysig] Onderkoning in Indië

Nadat hy Indië beryk, vestig Almeida hom in Cochin. Hy versterk die portugese fortifikasies in Cochin asook dié op die eiland van Angediva. In Maart 1506 is sy seun Lorenço de Almeida seëvierend in 'n seeslag by die haweingang van Cannanore, 'n belangrike terugslag vir die vloot van die Prins van Kalikut. Hierop verken Lorenço de Almeida die kuswaters suidwaarts tot by Colombo in die huidige Sri Lanka.

In 1507 word de Almeida se sending versterk toe die skwadron van Tristão da Cunha in Cochin opdaag. Alfonso de Albuquerque se skwadron het egter in oos-Afrika geskei van dié van da Cunha en was besig om onafhanklik gebiede na die weste te verower. In Maart 1508 word 'n portuguese skwadron aangevoer deur Lorenço de Almeida aangeval deur 'n versamelde vloot van Egiptiese, Arabiese en Indiese vaartuie te Chaul en Dabul onderskeidelik. Die vloot is saamgesmee met die geldelike hulp van Venisië wat vir hul oostelike handelsbande gevrees het. Lorenço de Almeida verloor in hierdie seeslag sy lewe.

Afonso de Albuquerque land einde 1508 te Cochin en maak dadelik sy tot dusvêr geheime aanstelling deur die koning bekend, waarvolgens hy goewerneur Almeida opvolg. Almeida weier om Albuquerque se aanstellingsbrief te erken en arresteer hom.

In 1509 word Almeida die eerste Portugees om tot Bombaai te seil. Almeida voer verder 'n vloot van 23 skepe aan, waarmee hy 'n deurslagewende neerlaag toedien aan die versamelde vloot van Arabiere, Egiptenare en Indiërs in die Seeslag van Diu op 3 Februarie 1509. Die oorwinning is aanduidend van die begin van portugese heerskappy in die Indiese Oseaan, wat sou voortduur tot in die 17de eeu, toe dit deur die Nederlanders en Engelse beëindig is. D'Albuquerque word na drie maande gevangehouding vrygelaat, toe die grootmaarskalk van Portugal arriveer met 'n groot vloot in November 1509.

[wysig] Terugkeer en dood

Almeida vertrek na Portugal in Desember 1509 en bereik Tafelbaai by die Kaap de Goede Hoop in Februarie 1510, waar hy anker gooi om sy watervoorraad aan te vul. 'n Groep van sy manskappe besoek 'n nabye Khoikhoistat waar hulle in 'n onenigheid betrokke raak. Almeida gee daarna toestemming aan sy kapteins Pedro en Jorge Barreto om na die stat terug te keer op die oggend van 1 Maart 1510. Die Barreto's slaag daarin om die beestrop van die Khoikhoistam te roof, met die verlies van een manskap. Almeida met 'n Portugese vaandel, het sy manskappe 'n paar honderd meter van die strand ingewag. Die vlagskipmeester Diogo d'Unhos het egter die landingbote verwyder na die waterpunt wat Almeida sonder 'n ontsnaproete laat. Die Khoikhoi loots onverwags 'n aanval op die strand en slaag daarin om meeste van die Portugese te oorrompel. In die aanval sterf Almeida en 64 van sy manskappe, insluitend 11 van sy kapteins. Almeida se geskende liggaam word dieselfde middag teruggevind en naby die strand van die huidige Kaapstad begrawe.

De Almeida se beskermheer, Manuel I van Portugal
Vergroot
De Almeida se beskermheer, Manuel I van Portugal

[wysig] Familie en onderdane

Almeida was die seun van die Eerste Graaf van Abrantes. Sy hoogstaande broers het ingesluit twee biskoppe, 'n ambassadeur aan die Heilige Setel en die Portugese hoof van die Malta-orde. Sy seun Lourenço sterf in 'n seeslag te Indië, maar hy word oorleef deur 'n dogter Leonor, wat trou met Rodrigo de Mello, Graaf van Tentugal, voorlopers van die Hertoë van Cadaval.

Ferdinand Magellaan (Fernão Magalhães) het de Almeida se tog na die ooste meegemaak, maar is in die ooste bevorder tot kaptein. Hy keer eers in 1512 terug nadat hy die aanstelling verloor.

[wysig] Verwysings

  1. Fernão Lopes de Castanheda se verslag van die Almeidasending
  2. Sjabloon:PND
THIS WEB:

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - be - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - closed_zh_tw - co - cr - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - haw - he - hi - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - ms - mt - mus - my - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - ru_sib - rw - sa - sc - scn - sco - sd - se - searchcom - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sq - sr - ss - st - su - sv - sw - ta - te - test - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tokipona - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007:

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - be - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - closed_zh_tw - co - cr - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - haw - he - hi - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - ms - mt - mus - my - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - ru_sib - rw - sa - sc - scn - sco - sd - se - searchcom - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sq - sr - ss - st - su - sv - sw - ta - te - test - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tokipona - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia 2006: