Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Dromedaris - Wikipedia

Dromedaris

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die dromedaris, of Arabiese kameel (Camelus dromedarius), is 'n groot, gelyktonige hoefdier, inheems aan Noord-Afrika, Wes-Asië en is die bekendste lid van die kameelfamilie.

Dromedarisse is duisende jare gelede vir die eerste keer in Sentraal- of Suid-Arabië mak gemaak. Daar is verdeeldheid onder deskundiges wat die datum betref; sommige glo dat dit ongeveer 4000 v.C. was en ander so onlangs as 1400 v.C. Tans is daar amper 13 miljoen mak dromedarisse, meestal in die gebied vanaf Indië tot Noord-Afrika. Buiten die ongeveer 700 000 wilde dromedarisse in Australië, is daar geen oorlewendes in die natuur nie.


'n Karavaan dromedarisse in Algerië
Vergroot
'n Karavaan dromedarisse in Algerië

Die enigste ander oorlewende kameelspesie is die Baktriese kameel. Hulle is omtrent 2500 v.C., lank na die dromedaris, in Asië mak gemaak. Die Baktriese kameel is 'n bonkige, geharde dier en slaag daarin om in die skroeiende woestynhitte van Noord-Iran tot in die ysige koue van Tibet te oorleef.

Die dromedaris is groter en vinniger, en met 'n ruiter kan hy 12 - 15 km/h handhaaf, vergeleke met die Baktriese kameel wat maar teen 4,5 km/h beweeg. [1], [2].

Kamele is inheems aan die Sahara-streek, maar het aan die begin van die laaste millennium v.C. in die natuur uitgesterf. Makgemaakte diere is in die streek ingebring deur die Persiese inval in Egipte deur Kambuses. Hierdie kamele is hoofsaaklik in Noord-Afrika gebruik en die Romeine het 'n afdeling berede soldate met kamele gebruik om die rand van die woestyn te patrolleer. Die Persiese kamele was nie besonder geskik om oor die Sahara handel te dryf nie. Die enkele reise oor die woestyn is met perdekoetse uitgevoer.

Die sterker en meer bestendige Baktriese kamele het gedurende die vierde eeu Afrika binnegekom. Dit was eers na die Islamitiese inval dat hierdie kamele algemeen begin raak het. Hoewel die inval hoofsaaklik te perd gedoen is, het die nuwe verbintenisse met die Midde-Ooste dit moontlik gemaak dat groot hoeveelhede kamele ingevoer is. Hierdie kamele was baie geskik vir lang woestyntogte en kon swaar vragte dra. Vir die eerste keer het handeldryf oor die Sahara 'n werklikheid geword.

Manlike dromedarisse het 'n sagte verhemelte wat hulle kan opblaas om 'n donkerpienk sak te vorm, wat 'n doula genoem word. Dit hang by die kante van die bek uit en die doel daarvan is om vroulike diere gedurende die paringseisoen aan te lok.

Die dragtyd van die dromedaris duur ongeveer 12 maande. Gewoonlik word daar 'n enkele kalf gebore wat 18 maande lank soog. Wyfies is na 3 tot 4 jaar geslagsryp, en mannetjies na 5 tot 6 jaar. Die gemiddelde leeftyd in gevangenskap is omtrent 25 jaar, met sommige diere wat tot 50 jaar oud kan word.

Volwassenes word tot 3 meter lank met 'n hoogte van 2 tot 2,2 meter, met 'n gewig van 450 tot 680 kg.

Moderne mak dromedarisse word aangehou vir melk en vleis en om as pak- en rydiere gebruik te word. Anders as perde, kniel dromedarisse om passasiers en bagasie op te laai. By baie van die Egiptiese toeristebestemmings in die woestyn, kan kan berede polisiemanne op dromedarisse gesien word.


[wysig] Bron

Vertaal van die ooreenstemmende artikel in die Engelse Wikipedia.

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com