Centurion, Gauteng
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Centurion is 'n dorp in die Gautengprovinsie, Suid-Afrika, geleë tussen Pretoria en Johannesburg.
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis
Centurion is gestig in 1964 as Verwoerdburg, vernoem na Hendrik Verwoerd, die "argitek van apartheid". Die polities neutrale naam Centurion is gekies kort ná die einde van apartheid. Dit het geen besondere betekenis nie en is waarskeinlik gekies na aanleiding van Centurion Park (nou SuperSport Park) 'n krieketveld in die gebied.
Na afloop van die aparthied era (1994) is die Indiër woonbuurt Laudium, wat vantevore deel was van Pretoria, ingelyf in Centurion. Die swart woonbuurt, Olievenhoutbosch, is ook geskep op hierdie stadium.
In 2000 het die Centurion plaaslike regering deel geword van die Tshwane metropolitaanse gebied, wat Pretoria insluit, en die dorpsraad het ontbind.
[wysig] Infrastruktuur
Centurion is geleë op die kruising tussen die N1 (Johannesburg-Pretoria) en N14 (Krugerdorp-Pretoria) snelweë. Die R21 (Pretoria-Johannesburg Internasionale Lughawe) gaan ook deur Centurion.
Centurion het vinnig gegroei in die afgelope paar jaar en sluit tans in (Desember 2004) 'n moderne winkelsentrum (Centurion Mall), 'n waterpark (Splash), goeie vermaaklikheids plekke en verskeie gholfbane. Die Centurion Gholf- en Residensiële Landgoed beskik oor uitstekende verblyfopsies en die Unitas-hospitaal verskaf mediese diense van topgehalte.
Die Highveld Techno Park-ontwikkeling huisves internasionale tegnologiemaatskappye soos Siemens Telekomunikasie en Grintek.
[wysig] Geografie
Centurion is geleë in die oorgangsgebied tussen die Hoëveld- en die Bosveld-gebiede en die Hennopsrivier vloei deur die hart van Centurion. As gevolg van sy ligging het Centurion 'n besonder ryk voëllewe.
Woonbuurtes van Centurion sluit in Lyttelton, Clubview, Irene, Raslouw, Sunderlandrand en Rooihuiskraal.