Bantoestan
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Bantoestan verwys na enige van die gebiede wat aangewys is as stamtuislande vir swart Suid-Afrikaners gedurende die Apartheidsera. Die term "bantustan" is eerste in die laat 1940s gebruik, en bestaan uit Bantoe (wat "mense" in die Bantoetale beteken) en "stan" (wat "land van" beteken), en is afkomstig van Hindoestan. Dit is later as 'n neerhalende term gebruik deur teenstanders van die Apartheidsregering se "tuislande".
Hierdie tuislande was aan swartes toegeken deur die blanke Apartheidsregering van die Republiek van Suid-Afrika, en is bestem om onafhanklike state onder 'n plan genaamd "Aparte Ontwikkeling" te word. Hierdie plan sou onafhanklikheid gee aan swartes in hierdie nuut-geskepte stamstate, terwyl hulle Suid-Afrikaanse burgerskap ontneem is, wat dan blankes as die meerderheid in Suid-Afrika sou laat. Oorspronklik was daar beplan vir omtrent tien Bantoestan-tuislande. Hierdie klein, sogenaamd selfregerende areas was onder die 1951 Bantoe-Owerhedewet daargestel, en het begin "onafhanklikheid" ontvang vanaf 1976.
Die skeppers en argitekte van die Apartheidsdoktrine het hard gedruk om die idee van Bantoestans te realiseer, maar dit het nooit die aanvaarding van die internasionale gemeenskap verkry nie, en was verafsku deur Suid-Afrikaanse swartes. Die redes hiervoor was:
- Die grense van die Bantoestans is getrek om goeie, ekonomies waardevolle grond uit te sluit.
- Die groot hoeveelheid verskuifde burgers, tesame met die klein area aangewys vir Bantoestans, het beteken dat die bevolkingsdigtheid veel hoër as díé van Suid-Afrika was.
- Deur burgers van die nuwe tuislande te word het beteken dat Suid-Afrikaanse burgerskap, waar meeste van die kandidate vir verplasing geleef en gewerk het, opgesê moes word. Dit sou beteken dat hulle die laaste van die min regte en voorregte wat hulle as Suid-Afrikaanse burgers geniet het, ook sou verloor.
Die blanke regering het 13% van sy gebied opsygesit van blanke bewoning, en het hierdie verander na gebiede van swart tuisregering. Hulle het ook probeer om onafhanklikheid aan hierdie tuislande te gee, terwyl hulle aangevoer het dat die oorblywende 87% blanke gebied was. Die swart Suid-Afrikaners is opgedeel (gereeld verkeerdelik) in etniese groepe wat aan sekere tuislande toegewys is. In die groot meerderheid van hierdie verplasings was die individue wat aan tuislande toegeken is nie in hierdie klein gebiede woonagtig of afkomstig nie.
Die eerste Bantoestan wat in die lewe geroep is was die Transkei, onder die leierskap van Opperhoof Kaizer Daliwonga Matanzima, in die Kaapprovinsie vir die Xhosanasie. Miskien die beste bekend was KwaZulu vir die Zoeloenasie in die Natalprovinsie, wat deur 'n lid van die Zoeloe koningsfamilie, Opperhoof Mangosuthu ("Gatsha") Buthelezi, in die naam van die Zoeloekoning gelei is.
'n Ander bekende Bantoestan was Bophuthatswana vir die Tswana mense, onder leiding van Opperhoof Lucas Mangope. Hierdie moet nie met Botswana, die voormalige Betsjoeanaland, wat deur Groot-Brittanje geskep is nie.
In totaal was daar tien Bantoestans; vier van hulle (die sogenaamde TVBC-state: Transkei, Venda, Bophuthatswana en Ciskei) was in naam onafhanklik, en die ander ses (Gazankulu, KaNgwane, KwaNdebele, KwaZulu, Lebowa en QwaQwa) het sekere vorme van selfregering gehad.
Van belang is ook die manier waarop die grense van hierdie gebiede geteken is: Hulle is opgebreek in verskeie landgebiede met kronkelende grense. Trouens, die Suid-Afrikaanse ambassade in Bophuthatswana moes geskuif word omdit dit geblyk het dat dit per ongeluk in Suid-Afrika gebou is.
Lesotho en Swaziland was nie Bantoestans nie, maar is internasionaal-erkende onafhanklike lande en voormalige Britse besittings.
Met die einde van die Apartheidsregering in Suid-Afrika en die einde van eksklusiewe blanke regering is die Bantoestans afgebreek en die land grondwetlik herverdeel in nuwe provinsiale regerings.
Die woord "Bantoestan" het negatiewe konnotasies wanneer gebruik word om 'n land of gebied te beskryf wat enige ware bestaansreg of mag ontbreek, en word gesien as 'n vorm van nasionale of internasionale afbakeningsgeknoeiery.
Gedurende die 1980s het hierdie skynnasies, veral Transkei en Bophuthatswana, sentrums geword vir casinodobbelary, wat onwettig was in Suid-Afrika daardie tyd. Die Sun City-oord is 'n resultaat hiervan.
Apartheid-Bantoestans in Suid-Afrika | ||
---|---|---|
Bophuthatswana | Ciskei | Gazankulu | KaNgwane | KwaNdebele | KwaZulu | Lebowa | QwaQwa | Transkei | Venda |