Tricolore
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Tricolore (Franse Driekleur, afgelei van Frans drapeau tricolore, driekleur(-vlag)), Blou-Wit-Rooi, is sedert die Franse Rewolusie van 1789 die nasionale vlag van Frankryk en vervang die ou Fleur-de-Lis van die Bourbonse koningshuis. Die driekleur word saamgestel uit die Paryse stadskleure (Blou-Rooi) en die Wit van die Bourbone.