Sielkunde
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sielkunde oftewel psigologie is die studie van dat innerlik lewe en dat gedrag. Algemene psigologie bestudeer die normale, volwassene mens; bizondere psigologie die abnormale, onvolwassene mens (of dier). Alhoewel die sielkunde dikwels beskou word as 'n wetenskap waarvan Sigmund Freud die stigter was, kan 'n mens dit verder terug in die geskiedenis vind in die debatte tussen filosowe soos John Locke en Immanuel Kant.
Beroemde sielkundiges:
- William James
- Sigmund Freud
- Carl Gustav Jung
- Alfred Adler
- Erik Erikson
- Henry Murray
- B F Skinner
- Albert Bandura
- Gordon Allport
- George Kelly
- Jacques Lacan
- Abraham Maslow
- Carl Rogers
- Stanislav Grof
- Ken Wilbur
Die moderne studie van sielkunde bestaan uit 'n hele aantal spesialisasierigtings, te wete bedryfsielkunde, ontwikkelingsielkunde, sosiale sielkunde, psigonomie (oorkoepelende term vir kognitiewe-en neurosielkunde), psigopatologie, fisiologiese sielkunde, psigologiese metodeleer, persoonlikheidsielkunde en dan die terapiegebaseerde rigtings kliniese sielkunde, opvoedkundige sielkunde en voorligtingsielkunde. Sien ook: psigiatrie