Regensburg
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Regensburg | |
---|---|
Land: | Duitsland |
Deelstaat: | Beiere |
Stigting: | 79 (Romeinse kasteel) |
Koördinate: | 49° 01' N, 12° 06' O |
Oppervlakte: | 80,76 vk km |
Bevolking: | 129 175 (30 Junie 2005) |
Bevolkingsdigtheid: | 1 878,6 / vk km |
Hoogte: | 326-471 m bo seespieël |
Burgemeester: | Hans Schaidinger (CSU) |
Amptelike webwerf: | www.regensburg.de |
Regensburg is 'n stad in die ooste van die Vrystaat Beiere (Duitsland) en die hoofstad van die administratiewe gewes Opper-Palts (Duits: Oberpfalz) met 129 175 inwoners.
Die stad is tydens die Tweede Wêreldoorlog behalwe vir sy nywerheidsgebiede nie deur bomaanvalle verwoes nie en is as een van die pragtigste voorbeelde van 'n Middeleeuse Duitse stad op 13 Julie 2006 deur die UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Die stad bewaar nie net 'n ryke argitektoniese en historiese erfenis van die Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie nie, maar is as die voormalige Romeinse stad Castra Regina ook een van die oudste stede in Duitsland.
Regensburg is die setel van 'n Rooms-Katolieke biskop en beskik oor drie universiteite en technikons. Regensburg is die vierde grootste stad in Beiere en 'n belangrike sentrum van die motor-, masjienbou-, elektrotegniese en suikerbedryf.
[wysig] Geografie
Regensburg lê in die Neder-Beierse lössvlakte, teen die mees noordelike punt van die Donau in die grensgebied van die landskappe Beierse Woud, Frankiese Jura en die Alpevoorland.
Die Regenrivier mond naby die historiese stadskern in die Donau uit, en 'n aantal stadswyke lê op eilande in die Donau.