POV-Ray
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Persistence of Vision Raytracer, of POV-Ray, is 'n gratis straalvolgerprogram beskikbaar vir 'n verskeidenheid van rekenaarplatforms. Dit is oorspronklik gebaseer op DKBTrace, geskryf deur David K. Buck en Aaron A. Collins. Daar is ook invloede van POV-Ray se voorloper, Polyray, wat deur Alexander Enzmann bygedra is. Die lisensie is gratisware.
[wysig] Funksies
POV-Ray het al baie verbeter sedert sy begin. Onlangse weergawes van die sagteware sluit die volgende funksies in:
- 'n Turing-volledige programmeertaal wat makro's en lusse insluit (sien SCC3 vir voorbeelde van prentjies wat met minder as 256 grepe van kode gemaak is).
- 'n Biblioteek van klaargemaakte lêers, teksture en voorwerpe.
- Ondersteuning vir 'n hele klomp geometriese primitiewe en konstruktiewe ruimtemeetkunde.
- Verskeie tipes ligbronne.
- Atmosferiese effekte soos mis en rook.
- Weerkaatsing, ligbreking en lig Wikipedia:caustics wat fotonkartering gebruik.
- Oppervlakpatrone soos plooie, hobbels en rimpels; wat in prosedurale teksture en hobbelkartering gebruik word.
[wysig] Eksterne Skakels
Amptelike webwerf Nie-amptelike wiki vir alles aangaande POV-Ray