Phobos (maan)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Asaph Hall |
Ontdek op | 18 Augustus 1877 |
Wenteleienskappe (Epoch J2000 | |
Mediaanradius | 9377,2 km |
Totale omtrek | 59,918 km |
Perihelion | 9235,6 km |
Aphelion | 9518,8 km |
Eksentrisiteit | 0,0151 |
Rewolusieperiode | 7 uur 39,2 min |
Inklinasie | 1,093° (tov Marsewenaar)
0.046° (tov lokale Laplacevlak) 26,04° (tov die sonneweg |
Is 'n satelliet van | Mars |
Fisiese eienskappe | |
Mediaandeursnit | 22,2 km (26,8 × 21 × 18,4)
(0,0021 × aarde) |
Oppervlakte | 6,084 km2 (11.9 × 10-6 aarde) |
Massa | 1,07 × 1016 kg (1,8 × 10-9 aarde) |
Gemiddelde digtheid | 3,34 g/cm3 |
Oppervlakaantrekkingskrag | 0,0084 - 0,0019 m/s2 |
Ontsnappingssnelheid | 0,011 km/s (11 m/s) |
Rotasieperiode | sinkroon |
Rotasiesnelheid | 11,0 km/h (by die langste as punte) |
Aksiale neiging | 0° |
Albedo | 0,07 |
Oppervlaktemp. | ~313 K |
Atmosferiese druk | geen atmosfeer |
Phobos (foe'-bus, Grieks Φόβος) is die groter en naaste van die twee mane van Mars. Dit is vernoem na Phobos, seun van Ares (Mars) in die Griekse mitologie. Phobos se wentelbaan is die naaste van enige ander maan van 'n planeet in die sonnestelsel, minder as 6000 km bo die oppervlak van Mars. Dit is ook een van die kleiner mane in die sonnestelsel.
Inhoud |
[wysig] Ontdekking
Phobos is die eerste keer waargeneem deur die Amerikaanse sterrekundige Asaph Hall op 18 Augustus 1877 by die Amerikaanse marine-sterrewag in Washington, D.C om 09:14 GMT. [1]. Asaph Hall het ook Deimos, Mars se ander maan, ontdek.
Die name is voorgestel deur Henry Madan (1838–1901), natuurwetenskapmeester by Eton, vanuit Boek XV van die Iliad, waar Ares sy twee seuns (Phobos en Deimos) oproep.
Phobos is van naderby gefotografeer deur Mariner 9 in 1971, Viking 1 in 1977, Phobos 2 in 1988, Mars Global Surveyor in 1998 en 2003, en deur die Mars Express in 2004.
[wysig] Wentelbaaneienskappe
Phobos se wentelbaan is so naby aan Mars, dat dit vinniger beweeg as Mars se eie rotasiespoed. Dus styg Phobos in die weste, beweeg in 4 uur 15 minute oor die lugruim van Mars en sak weer in die ooste. Hierdie siklus word ongeveer twee keer per Marsdag (11 uur 6 minute) herhaal. Dit is so naby aan die oppervalk van Mars, dat dit nie gesien kan word van punte bo die 70,4'ste lentegraad van Mars.
Hierdie lae wentelbaan beteken dat Phobos uiteindelik vernietig sal word. Getykragte is besig om die wentelbaan al verder te erodeer, op die oomblik teen 1,8 meter per eeu, en binne die volgende 50 miljoen jaar sal Phobos of op Mars val of, meer waarskynlik, opbreek om 'n ring te vorm. Indien Phobos gemodeleer word as 'n puinhoop, volgens die Mohr-Coulombteorie en gegewe die onreëlmatige vorm van Phobos, word dit bereken dat dit tans stabiel is in terme van getykragte, maar dat dit sal val binne sy Rochelimiet wanneer die wentelbaanradius val onder 8400 km. Dit sal waarskynlik in hierdie stadium, of kort daarna, opbreek 1.
Gesien vanaf Phobos is Mars 6400 keer groter en 2500 keer meer helder as die maan soos gesien vanaf die aarde. Dit neem 'n volle kwart van die wydte van die lugruim op.
Gesien vanaf Mars se ewenaar is Phobos 'n derde van die hoekdeursnit van 'n vol maan soos gesien vanaf die aarde. Waarnemers by hoër lengtegrade (minder as 70,4°) sal 'n kleiner hoekdeursnit sien aangesien hulle verder weg is vanaf Phobos. Hierdie verskil is opmerkbaar as gevolg van Phobos se klein wentelbaan. Phobos se waarneembare grootte sal verskil met tot 45%. Vir 'n waarnemer by die ewenaar sal Phobos 'n hoekdeursnit het van 0,14° op die horison, terwyl dit toeneem tot 0,20° by sy toppunt. Daarteenoor is die son se hoekdeursnit vanaf Mars ongeveer 0,35°.
[wysig] Fisiese eienskappe
Phobos is redelik donker en die oppervlakmateriaal is klaarblyklik uit C-tipe saamgestel. Dit is soortgelyk aan die C-tipe (swart) asteroïd van die buitenste asteroïdgordel. Phobos se digtheid is egter te laag om van soliede rots te wees. Dit is waarskynlik saamgestel uit 'n mengsel van rots en ys. Die Sowjetruimtetuig Phobos 2 het 'n geringe maar konstante gasstroom vanaf Phobos waargeem. Die aard van hierdie gas kon nie waargeneem word nie, maar dit is waarskynlik water. Onlangse beelde vanaf die Mars Global Surveyor dui aan dat Phobos bedek is met 'n fyn laag stof, soortgelyk aan die van die aarde se maan.
Phobos is uiters onbolvormig, met afmetings van 27 × 21,6 × 18,8 km. Dit het verskei kraters, waarvan die duidelikste oppervlak eienskap die Stickneykrater is, vernoem na die nooiensvan van Asaph Hall se vrou, Angeline Stickney. Soortgelyk aan die Herschalkrater op Mimas moes die impak wat die Stickneykrater veroorsaak het, amper Phobus versplinter het. Die groewe op Phobos se oppervlak, tipies 30 m diep, 100 – 200 m wyd en tot 20 km lank, is waarskynlik ook gemaak tydens die Stickneyimpak.
Dit word algemeen geglo dat Phobos oorspronlik 'n asteroïd was. Daar is ook sprake dat dit van veraf dele van die sonnestelsel kom en nie van die hoof asteroïdgordel nie.
[wysig] Verwysings
Eietydse verwysings na die eerste waarneming van Phobos en Deimos:
- The Observatory, 1 (1877) 181
- Astronomische Nachrichten, 91 (1878) 13/14
- Monthly Notices of the Royal Astronomical Society, 38 (1878) 205
- Astronomische Nachrichten, 92 (1878) 47/48
- Asaph Hall and the Moons of Mars
[wysig] Sien ook
- Deimos, die ander maan van Mars
[wysig] Eksterne skakels
- Vlug rondom Phobos (geanimeerde video)
- Animasie van Phobos