Ewigdurende beweging
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ewigdurende beweging is 'n voorgestelde meganiese stelsel wat so gekontrueer is dat wanneer dit aan die gang gesit is dit vir altyd sal aanhou beweeg sonder enige eksterne energiebron. Vir ewigdurende beweging om te gebeur moet 'n stelsel 100% effektief wees. Waneer die stelsel aan die gang gesit word sal alle energie binne die stelsel herwin word om verdere beweging te veroorsaak. Oor die algeheel word ewigdurende energie as onmoontlik beskou omdat ware ewigdurende beweging óf die eerste óf die tweede wet van Termodinamika verbreek.