Cornelis Lely
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ir. Cornelis Lely (23 September 1854 – 22 Januarie 1929) was 'n Nederlandse waterboukundige ingenieur, minister en goewerneur.
Cornelis Lely word gebore in Amsterdam, as sewende seun van Jan Lely en Adriana van Houten. Hy tree in September 1886 in diens van die Suiderseevereniging, 'n vereniging wat hom die afsluiting en inpoldering van die Suidersee ten doel stel. In 1891 voltooi hy sy plan, wat hy baie jare later, na die watersnoodramp van 1916 as minister by wet tot uitvoering het gebring. Daarnaas word op sy inisiatief die Bergse Maas afgesluit, en bevorder hy die spoorweë.
Op 36-jarige leeftyd word hy benoem tot minister van Waterstaat, Handel en Nywerheid in die Kabinet-Van Tienhoven (1891-1894). Lely is in nog twee kabinette minister van Waterstaat, waaronder die Kabinet-Pierson, en is van 1902 tot 1905 goewerneur van Suriname. In 1898 loods hy die wet vir die Noordoosterlocaalspoorweg-Maatschappij deur die parlement, en tydens sy goewerneurskap in Suriname bevorder hy die aanvanklik partikuliere plan vir de aanleg van die Lawaspoorweg. In 1913 word die inpoldering van de Suidersee deur sy toedoen opgeneem in die regeringsprogramma. De Suiderseewerke is grotendeels uitgevoerd naar sy plan.
Hoewel daar al honderde jare voor Lely gepraat is oor die inpoldering van die Suidersee, was Cornelis Lely die eerste wat 'n tegnies uitvoerbaar plan gepresenteer het, wat antwoord gegeef het op probleme soos die afwatering van die IJssel. Die drooglegging van die Suidersee is lank gesien as 'n wilde avontuur, en ook nadat Lely sy plan gepresenteer het is daar lank gediskusseer oor die voor- en nadele, soos die ekonomiese gevolge vir vissersdorpe, die prys van die projek en die risiko's.
Lely is in staat gewees sy plan werklikheid te maak deurdat hy behalve ingenieur ook 'n kapabel politikus was. Selfs toen hy in 1913 die drooglegging in die regeringsprogramma gekryg het was daar nog grote maatskaplike weerstand. Twee dinge het Lely gehelp: Die Eerste Wêreldoorlog het gebrek van voedsel veroorsaak, waardeur die ekstra landbougrond wat die Suiderseewerke op sou lewer van grote belang sou word. Die belangrykste omslag kwam met die watersnoodramp van 1916. Die gevolge van die watersnood ramp het die publieke opinie doen besef hoe naïef dit is om die gevare van die see te negeer. Twee jaar later, in 1918, loods Lely die Suiderseewet (die bevel tot drooglegging van die Suidersee) deur die parlement.
Die visie van Lely was verkorting van die kuslyn. Die verdediging teën die see is so sterk as die kortste skakel, so het Lely geredeneer, en met die baie honderde kilometers kuslyn aan die Suidersee is dit baie moeilik om 'n effetiewe waterkering te onderhou. Die Afsluitdyk het dit almal vervang deur 'n enkele dyk. Die visie van Lely is later die 20e eeu nogmaals toegepas in die Deltawerke, waarby die kuslyn van Zeeland 'n groot stuk verkort is.
Hoewel hy geen al te grote bekendheid geniet nie is die oorwinning op die see wat in die 20e eeu behaal is in Nederland in belangryke mate op die visie van Lely toe te skryf. As eerbetoon aan Lely is 'n aantal plekke naar hom vernoem: Lelystad, die hoofstad van Flevoland, Lelydorp in Suriname en die gemaal Lely in die Wieringermeer. In Amsterdam is 'n outoweg naar hom genoem; die Cornelis Lelylaan.
Aan die Noord-Hollandse kant van de Afsluitdyk staan 'n standbeeld van Lely, wat op 23 September 1954 deur Koningin Juliana onthul is ter geleënheid van sy honderdste verjaardag. Dit is gemaak deur Mari Andriessen. In Lelystad is daar eweneens 'n standbeeld van Lely, gemaak deur Piet Esser, plus 'n deur Hans van Houwelingen ontworpe basaltstene suil van dertig meter hoog, met daarop 'n afgietsel van die standbeeld van Andriessen.
Lely het op 74-jarige leeftyd in die strenge winter van 1929 gesterf. Hy het die eerste drooglegging (Wieringermeer) nie meer meegemaak nie, en ook nie die sluiting van die Afsluitdyk nie.
[wysig] Werke van Lely
- Plan tot afsluiting van die Suidersee
- Aanleg spoorlyn te Suriname
- Oprichting Staatsmyne
- Aanleg van die vissershawe te Scheveningen